Foto’s: Bekendes sjiek, stylvol by Golden Globes

Brie Larson is benoem vir haar rol in ‘Lessons in Chemistry’. Prada het haar rok ontwerp. (Foto: Tommaso Boddi/Golden Globes/AFP)

Die room van Hollywood se bekendes het omtrent die koppe laat draai in hulle stylvolle uitrustings by vanjaar se Golden Globes-toekenningsgeleentheid in Beverley Hills, Kalifornië.

Dié gesogte goue beeldjies, wat uitnemendheid in die internasionale rolprent- en televisiebedryf vereer, is Sondag uitgedeel.

Talle bekendes, soos Carey Mulligan en Elle Fanning, het gekies om rokke uit gesogte ontwerpers se argiewe te dra, terwyl ander weer bewys het dat eenvoud koning kraai.

Die Morning Show-aktrise, Jennifer Aniston, het gestraal in ʼn eenvoudige swart rok, terwyl Brie Larson aandag gesteel het in haar ligte pers Prada-rok.

Bruid-geïnspireerde rokke het ook hoogty gevier, met Greta Lee, Elizabeth Olsen, Ali Wong, Emily Blunt, Keri Russel en Gillian Anderson wat in wit- en roomkleurige rokke geklee was.

Die Bridgerton-akteur, Jonathan Bailey, en Fleabag-akteur, Andrew Scott, was ook in wit geklee.

Die Oppenheimer-aktrise, Florence Pugh, was in ʼn vloeiende rooi rok geklee. Dié kleur blyk om ʼn gunsteling onder die bekendes te wees, met Julianne Moore, John Krasinski, Selena Gomez, Heidi Klum, Danielle Brooks, Rachel Brosnahan, Ayo Edebiri en Saltburn se Barry Koeghan wat ook in rooi getooi was.

Taylor Swift, Margot Robbie en Oprah Winfrey het die koppe laat draai in hul onderskeidelike groen, pienk en pers rokke.

Swart was ook ʼn gewilde kleur vir die aand, met Meryl Streep, Timothée Chalamet, Dua Lipa, Greta Gerwig, Jennifer Lawrence, Jodi Foster, Angela Basset, Hannah Waddingham, Lenny Kravitz en Rosamund Pike wat almal geskitter het in swart.

Bykomende bronne: Vanity Fair, Harper’s Bazaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.