Luister: Plekname ʼn saak van erfenis, komvandaan

Argieffoto. (Foto: Maroela Media)

Waarom is die bewaring van plekname belangrik? Hoekom sal ʼn mens oor Afrikaanse plekname en die herkoms daarvan gesels? Is dit nie maar net etikette of arbitrêre name sodat ons weet waar ons is nie?

Dit is van die vrae wat Karien Brits, taalpraktisyn by Akademia, in hierdie episode van Maroela Media se podsendingreeks oor Afrikaanse plekname beantwoord.

Sy gesels veral oor mense se diepgewortelde verbintenis met plekke, die belangrike rol wat naamgewing vandag steeds vervul en watter bydrae dit tot die Afrikaanse taalerfenis lewer.

“As ʼn mens vlugtig deur die eerste paar boeke van die Ou Testament blaai, sal jy sien dat name, eiename en plekname ʼn belangrike rol gespeel het. Dit het deel van die verhaal geword en het ook self ʼn verhaal vertel.

“Suid-Afrika is staatkundig sekerlik jonk, maar ons plekname se geskiedenis vertel wel ʼn ouer verhaal. Hierdie podsendingreeks neem ons nie net op reis deur die land nie, maar ook op reis terug in tyd,” sê Karien.

  • Luister boaan na Karien Brits se bydrae oor die belangrikheid daarvan om Afrikaanse plekname te bewaar.
  • Luister hier na vorige episodes in die reeks oor plekname.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.