Boksburg-man vermoor; huis aan brand gesteek

(Argieffoto: Nico Strydom)

Die lewelose en erg gebrande liggaam van ʼn 57-jarige man van Boksburg is Saterdag by sy huis in Impala-park aangetref.

Volgens kol. Dimakatso Nevhuhulwi, polisiewoordvoerder, word vermoed dat die aanvaller of aanvallers by Christo van der Merwe se huis ingebreek het, waarna hulle hom vermoor en sy liggaam vermoedelik aan die brand gesteek het.

“Hulle het daarna met sy voertuig, ʼn Honda Civic – wat steeds vermis word – weggejaag.

“Niemand is al in verband met die moord in hegtenis geneem nie.”

Die polisieondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wit Leeu ·

En so gaan ons voort in die land geen wet en orde nie ! Ons word vermoor op die wreedste manière denkbaar ! En niemand kan niks doen nie………………………………..

Jacobus ·

So vermoor terroriste amper op n daaglikse basis boere in SA en die regering ontken dat plaasmoorde bestaan. Kan Solidariteit of Afriforum nie help dat on hierdie terroristiese regime ook verkla by die strafhof nie. Soos wat hulle nou met Israel gedoen het.

Michael ·

Ons is op on eie aangewese vir beskerming en dit moet nou top preoriteit wees in wat ons elke dag doen.

Martie ·

As dit nie so tragies was nie kon ‘n mens dit amper as ‘n grap beskou het, Ramaphosa kla Israel aan van volksmoord wat in ‘n oorlog gewikkel is, maar in sy eie land voer volksmoord hoogty.Elke liewe dag lees jy van mense wat eenvoudig doodgeskiet of vermoor word blykbaar sonder rede en niks word daaraan gedoen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.