Vrou by munisipale kantoor in Strand doodgeskiet

(Argieffoto: Hansie Linde)

ʼn 41-jarige vrou is Donderdagoggend in die parkeerterrein van die munisipale kantoor in die Strand doodgeskiet oomblikke nadat sy daar stilgehou het.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

“Volgens berigte het die oorledene met haar silwerkleurige Toyota Fortuner in die parkeerterrein langs Hoofweg stilgehou. Sy was alleen in die voertuig.

“’n Onbekende man het haar te voet genader, waarna hy twee vuurwapens uitgehaal en verskeie skote deur die bestuurder se venster geskiet het.”

Die vrou het verskeie skietwonde opgedoen en is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar.

“Die verdagte het daarna weggestap en in wegkomvoertuig,  ʼn wit Opel Astra, geklim en van die toneel gevlug,” sê Van Wyk.

“Die motief vir die skietvoorval is steeds onbekend.”

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die StopMisdaad-nommer by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Amelia ·

Dit klink soos ‘n “hit”. Moontlike motief moet ondersoek word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.