Geniet jou aftrede by dié aftreelandgoed met sy Bosveld-tema

‘n Rustige Bosveld-leefstyl

Groot opgewondenheid heers by die nuwe Bergvallei-aftreelandgoed in Montana, Pretoria, waar die eerste inwoners van dié spoggerige landgoed aan die begin van April hulle intrek in hul splinternuwe huise geneem het. Altesaam 43 huise en ’n leefstylsentrum is in die eerste fase voltooi en afgegee.

Volgens Leon Botha, direkteur van Central Developments wat vir die projekbestuur verantwoordelik is, voltooi hulle nou elke maand ’n fase huise en/of woonstelle – soms gee hulle tot soveel as 60 eenhede per maand af!

Hierdie nuwe landgoed, die veertiende in Central Developments se reeks van suksesvolle aftreelandgoedere, bestaan uit 610 wooneenhede, ’n leefstylsentrum met omvattende ondersteuningsfasiliteite en ’n 24-uur sorgeenheid. Hulle beoog om die totale ontwikkeling voor die einde van 2025 te voltooi. Meer as 120 eenhede is reeds verkoop en nuwe eienaars wag gretig om hul voltooide eenhede in ontvangs te neem.

Bergvallei-aftreelandgoed is geleë in die heerlike Bosveld-klimaat van die noordooste van Pretoria langs ’n 18 hektaar-natuurpark waar inwoners gereeld kleinwild en ’n verskeidenheid voëls te siene kry.

Nuwe inwoners kan nie uitgepraat raak oor die groot kuierstoep by die leefstylsentrum vanwaar hulle oor die Bosveld-landskap kan uitkyk terwyl hulle by die restaurant en koffiewinkel ontspan nie. Dié heerlike kuierplek roep by almal herinneringe op uit die verlede van gesellige kuiers met familie en vriende iewers op ’n ou plaashuisstoep.

Leefstylsentrum by Bergvallei-aftreelandgoed wat uitkyk na die natuurpark

Bergvallei-aftreelandgoed se leefstylsentrum huisves verskeie gerieflike fasiliteite en dienste soos die mediese sentrum met ’n spreekkamer en kliniek, die restaurant, koffiewinkel, haar- en skoonheidsalon, wasserydiens en die ontspanningsaal. Inwoners het ook toegang tot ’n 24-uur-paniekknopnoodddiens en ’n bussie wat hulle na die nabygeleë winkelsentrums vervoer.

Restaurant en koffiewinkel by Bergvallei-aftreelandgoed

Streng sekuriteitsmaatreëls word toegepas met biometriese toegangsbeheer, 24-uur-patrollies en ʼn grensmuur met elektriese omheining en sekuriteitskameras wat voltyds gemonitor word reg rondom die landgoed. ’n Groot kragopwekker verseker dat al die noodsaaklike dienste in die leefstylsentrum en sorgeenheid selfs tydens beurtkrag ongestoord gelewer kan word en dat hysbakke in die woonstelblokke nooit tot stilstand hoef te kom nie.

Voornemende intrekkers in die aftreelandgoed kan kies uit ’n verskeidenheid een- en tweeslaapkamerwoonstelle en een-, twee- en drieslaapkamerhuise. Wooneenhede is spesifiek ontwerp met die praktiese behoeftes van ouer persone in gedagte en om die beste van die beskikbare leefruimtes gebruik te maak. Rugsteunstelsels in elke wooneenheid verseker dat inwoners tydens beurtkrag tot vier ure se elektrisiteit vir hulle basiese behoeftes het.

Voornemende inwoners kan kies om ’n eenheid te koop of te huur. Eenhede verkoop van so min as R795 000 of verhuur vanaf R6 500 per maand. Omdat kopers direk van die ontwikkelaar koop, is geen oordragkostes betaalbaar nie wat nog meer besparings beteken!

Drieslaapkamerhuis by Bergvallei-aftreelandgoed

Hierdie ontwikkeling is in drie bemarkingsfases verdeel met prysverhogings in die tweede en derde fases. Tans kan voornemende kopers nog teen die laer eerste fase pryse koop, maar sal moet wikkel want die laaste paar huise en woonstelle teen hierdie ongeëwenaarde pryse is nou te koop. Daar is ook nog enkele luukse huise teen die grens van die natuurpark beskikbaar.

Skouhuise kan sewe dae per week besigtig word, so maak sommer vandag nog ’n afspraak om Bergvallei-aftreelandgoed te besoek. Die rustige Bosveld-atmosfeer sal verseker jou hartsnare roer! Besoek www.retirenow.co.za vir meer inligting of skakel 060 048 1273 vir ’n afspraak.

Vrolike gemeenskap by Bergvallei-aftreelandgoed

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.