Altesaam 19 Suid-Afrikaaanse burgers is op pad terug huis toe nadat hulle sedert 7 Oktober in Gaza vasgekeer was toe gevegte tussen Hamas en Israel uitgebreek het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Israel-Hamas-konflik"
Israel verskerp aanvalle in Gaza
Dae nadat die wapenstilstand verstryk het, het Israel verskeie lugaanvalle op Gaza uitgevoer, terwyl die militantegroep Hamas ook vuurpyle na Israel gelanseer het.
Bloedige oorlog in Gaza hervat
Volgens die Hamas-beheerde departement van gesondheid in Gaza is minstens 29 sterftes enkele ure na die hervatting van gevegte aangemeld.
Skietstilstand ter elfder ure verleng
Albei kante het egter reeds gewaarsku dat hulle gereed is om oorlogvoering voort te sit.
Nog 12 gyselaars in Gaza vrygelaat
Die wapenstilstandooreenkoms het ’n tydelike stilstand in oorlogvoering beteken. Toestande in Gaza is egter steeds haglik.
Wapenstilstand tussen Hamas, Israel verleng
Die verlenging is deur die internasionale gemeenskap verwelkom en bestempel as “ʼn sprankie hoop” om die oorlog te beëindig.
Suid-Afrikaans gebore gyselaar vrygelaat
Aviva Siegel is in Suid-Afrika gebore en het op agtjarige ouderdom saam met haar familie na Israel geëmigreer. Dit is hier waar sy en haar man op 7 Oktober as gyselaar geneem is.
Altesaam 63 Israeliese gyselaars glo teen Sondag vrygelaat
Die moontlikheid bestaan dat die wapenstilstand tussen Israel en Hamas moontlik verleng kan word namate Hamas nog Israeliese gyselaars vrylaat.
Israel-Hamas-konflik: Eerste gyselaars vrygelaat
Gewapende en gemaskerde Hamas-vegters het Vrydag ʼn eerste vlaag gyselaars bevry in ruil vir Palestynse gevangenes.
Israel-gyselaars glo aan Egipte oorgegee
ʼn Eerste groep van 13 vroue en kinders wat gyselaar gehou is, sal na verwagting Vrydag na Israel terugkeer. Twaalf Thaise burgers is ook vrygelaat.
Wapenstilstand: ‘Konflik nog lank nie verby’
In dié stadium hang ʼn moontlike verlenging van die wapenstilstand grootliks van Hamas af en dié organisasie se bereidwilligheid om nog gyselaars vry te laat.
Israel-Hamas-konflik: Wapenstilstand, vrylating van gyselaars begin
Die begin van die wapenstilstand sal gevolg word deur die vrylating van ʼn eerste groep van 13 gyselaars wat in Gaza aangehou word, en ʼn onbepaalde aantal Palestynse gevangenes sal uit Israeliese tronke vrygelaat word.
Israel-Hamas-konflik: Wapenstilstand eers vertraag
Benjamin Netanyahu, premier van Israel, het sy steun aan die ooreenkoms met Hamas toegesê, maar die versekering gegee dat die wapenstilstand tydelik sal wees en nie die veldtog om Hamas te vernietig sal beëindig nie.
Ramaphosa verwelkom wapenstilstandooreenkoms in Gaza
“Dit is my hoop dat hierdie verposing pogings sal versterk om ʼn volstrekte einde aan die huidige konflik te bring.”
Konflik in Midde-Ooste: SA ‘lankal nie meer onverbonde’
“Suid-Afrika is uiters moreel selektief wanneer hy lande veroordeel. Dit moet altyd in diens staan van sy teen-Westerse ideologiese strewe,” verduidelik Jaco Kleynhans oor Suid-Afrika se sterk veroordeling van Israel.
Israel onthul bewyse onder die hospitaal van gruwels
Sondagaand het die Israeliese weermag bewyse aan die publiek voorgelê om hul bewerings te steun dat die terreurgroep, Hamas, se versteekte bevelsentrum onder Gaza se grootste hospitaal gehuisves word.
Die SA-keiser is kaal in Katar
Ramaphosa se besoek aan Katar het ongelukkig ʼn hele aantal draadjies, die draadjies van Suid-Afrika se buitelandse beleid in 2023 en hierna, in die oë van die Weste aan mekaar verbind. Die keiser is kaal.
Israel-Hamas-konflik: Ooreenkoms bereik oor skietstilstand, vrylating van gyselaars
Israel en Hamas het ʼn ooreenkoms bereik vir ʼn skietstilstand van vier dae waartydens gyselaars ook vrygelaat sal word.
‘EFF-stert swaai die ANC rond oor Israel’
Die mosie wat Dinsdag in ʼn sitting van die Nasionale Vergadering (NV) aanvaar is om diplomatieke bande met Israel te verbreek, is uiters kortsigtig, nie in belang van Suid-Afrika nie en sal die land toenemend isoleer.
SA beskuldig Israel van ‘oorlogsmisdade, volksmoord’
Pres. Cyril Ramaphosa het hom Dinsdag as voorsitter van ʼn buitengewone beraad van die Brics-nasies oor die konflik tussen Israel en Hamas, oor die saak uitgespreek.