Hamas-leier se seuns, kleinkinders gedood

Ismail Haniyeh (Foto: X)

Drie seuns en vier kleinkinders van die Hamas-leier Ismail Haniyeh is Woensdag in ʼn lugaanval in Gaza dood.

Die Israeliese weermag sê Haniyeh se seuns, Hazem, Amir en Muhammad, was lede van Hamas se militêre vleuel en glo op pad “om terreuraktiwiteite uit te voer” toe hul motor naby Gazastad geteiken is.

Die BBC berig egter Haniyeh se familielede was ten tyde van die aanval op pad na ʼn gesinsviering om die eerste dag van die Moslem-vakansie van Eid te vier.

Hamas bestempel die aanval as “verraderlik en lafhartig”.

Die aanval Woensdag kom te midde van samesprekings in Kaïro. ʼn Moontlike wapenstilstand en ooreenkoms rakende die vrylating van gyselaars word glo oorweeg hoewel daar in dié stadium geen teken van ʼn deurbraak is nie.

Haniyeh, wat tans in Katar gevestig is, het ná die aanval aan Al Jazeera gesê die aanval op sy seuns en kleinkinders is moontlik ʼn poging om Hamas se onderhandelingstandpunt te verander. Haniyeh hou egter vol dit gaan nie gebeur nie.

“Die vyand is onder ʼn wanindruk as hy dink dat die teiken van my seuns, op die klimaks van die onderhandelinge … Hamas sal dryf om sy posisie te verander,” het Haniyeh aan Al Jazeera gesê.

Die jongste amptelike voorstel, wat Hamas sê hy ontleed, sluit glo die vrylating van 40 Israeliese gyselaars in wat in Gaza aangehou word in ruil vir 900 Palestyne uit Israeliese tronke.

Die Verenigde State plaas intussen toenemend druk op Israel om tot ʼn wapenstilstand in te stem, die aantal hulpmiddels in Gaza te verhoog en sy planne om die suidelike stad Rafah binne te val, te laat vaar.

Meer oor Ismail Haniyeh

BBC berig Haniyeh word allerweë as Hamas se algehele leier beskou en is ʼn toonaangewende lid van die beweging sedert 1980. Hy is in 2017 tot hoof van Hamas se politieke buro verkies en die Amerikaanse departement van buitelandse sake het hom in 2018 as ʼn terroris bestempel.

Dit is nie die eerste lede van Haniyeh se familie wat in die oorlog gedood is nie.

Nog ʼn seun van Haniyeh is glo in Februarie vermoor, terwyl sy broer en broerskind in Oktober vermoor is, gevolg deur ʼn kleinseun in November.

Bykomende bronne: BBC, Al Jazeera

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Ronéll ·

Dit gaan my verstand te bowe dat soveel Palestynse kriminele losgelaat moet word vir n handjievol onskuldige Israelse gevangenes.
Daai Palestynse kriminele gaan na hul vrylating net weer voortgaan met hul kriminele aktiwiteite.
Sodra hamas al die onskuldige Israeliete sonder belaglike voorwaardes vrylaat sal daar wapenstilstand wees. Ongelukkig weet ons dat gewelddadige organisasies soos hamas nie vredeliewend kan en sal optree nie.
Hulle is soos hierdie keffende brakkies wat jou aanhoudend van agter af byt, altyd uitlokkend en op die aanval.

Daizee ·

Dis verskriklik dat onskuldige mense by ‘n musiekfees Hamas se teiken was en op onmenslike manier verniel en gedood is.
Om een of ander rede draai die wêreld ‘n blinde oog waar dié konflik alles begin het, dit sluit ons Regering in.
Maar dié man is die laaste een wat ander kan beskuldig van “verraderlik en lafhartig” – per slot van sake sit hy darem ‘n hele ent weg van die konflik af wat hy beplan het?!!!!

Deon ·

Die konflik het nie op 7 Oktober 2023 begin nie. Dit het voor 1948 begin toe sionistiese terririste tereur begin saai het teen die Palestyne.

Deon ·

Kans is baie goed dat Hamas die waarheid praat en ‘Israel’ nie.

miche ·

Dis so tragies( vir beide kante). So word vele generasies vorentoe “gekweek” vir nog haat en vergelding. Lank reeds sal die huidige leiers wat die besluite geneem het( beide kante) oorlede wees maar hul nasate sal die slagoffers wees en heel moontlik weer vergelding soek.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ja Deon, was dit nie vir Adolf nie was al die Jode nog in Duitsland en elders in Europa. Almal in dorre Palestina sou tog so gelukkig wees en in vrede met hul bure leef.

Inge ·

Altwee kante moet ophou met hulle hardkoppigheid. Ek dink genoeg onskuldige mense is al dood. Die arme kinders en diere!

Andries ·

Hoekom bly die hoof van Hamas in Qatar en nie by sy bongenote in Gaza nie? Dit is mos maklik om volgelinge na hul dood te stuur as jy veilig is.

Sobymykoolkop ·

Hierdie sogenaamde leiers en hulle families sit gerieflik in ander lande en
” voer oorlog”. Te bang om in die land van konflik te wees. Jammer dit was nie hy wat omgekom het nie. Tipies lafaard.

Vriendelike Frikkie ·

Gee kans. Die Mossad vergeet nie. Elke terroris was uitgewis na die aanval by die Munich Olimpiese Spele in 1972. Sommiges eers jare later, maar elke een is gestraf. Hamas moet verstaan die Aarde is te klein om weg te kruip.

Republikein in die Wes Kaap ·

Frikkie, die IDF wil Hamas en Jihad in Gaza uitwis en dan sal Mossad die leiers in die buiteland uitsniffel en straf.

annie ·

Hamas se mees geliefde handboek heet glo Die Volle Waarheid. Die grootste ‘waarheid’ wat daarin opgeteken is, is dat Israel aan die sg Palestyne en Islam behoort en dat Mohammed van daar af in die hemel opgeneem is.

Goldy ·

Waar, Frikkie, Mossad is slim mense, hulle vergeet nie en is nie naief nie.

Marthinus Johannes ·

Israel sal nie ophou voor al die Hamas uitgewis is nie, so gesê.

Deon ·

@Republikein in die Wes Kaap, mnr Hilter het ‘n groot rol gespeel met die vestiging van Jode in Palestina. Die Haavara ooreenkoms tussen die Sioniste en Nazi Duitsland het gesorg dat sowat 60 000 Jode hul in Palestina komvestig. Op die kus langs Tel-Aviv is daar ‘n gedenkplaat vir die eerste aankoms van die Jode. Mnr Hitler kan tereg as ‘n stigtingsvader van die joodse staat beskou word. Die jode moet gerus oorweeg om vir hom ‘n reuse standbeeld op te rig – liefs nie in Tel-Aviv nie want die stad met sy LGBTQ+ status strook nie met die waardes en norme van mnr Hitler nie.

Cassie Carstens ·

Ek wens regtig die gemors wil nou ophou. Die leier van Hamas en Isreal se premier is ewe hardekop.

Keelvol ·

Hamas het dit op hulleself gebring. Toe Israel & die PLO n vredes ooreenkoms vir n deelstaat wou onderteken in 1993 toe is Hamas mos hardkoppig. Hulle wil Israel vernietig, al kos dit die dood van duidende ander palistyne.

Tyd dat Israel klaar met die spul speel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.