Engelbert Humperdinck gou in SA te sien

Engelbert Humperdinck (Foto: Greg Gorman Photographer)

Die Britse musieklegende, Engelbert Humperdinck het aangekondig dat hy sy laaste toer, “The Last Waltz”, later in 2024 na Suid-Afrika bring.

Sy merkwaardige loopbaan het in die 1950’s begin onder die naam Gerry Dorsey, maar eers werklik vlam gevat op internasionale vlak toe hy in 1965 bekend geword het as Engelbert Humperdinck.

Met sy blitssukses het hy in 1967 vir die eerste keer na die bokant van die treffersparade beweeg en nog nooit teruggekyk nie. Engelbert Humperdinck het meer as 150 miljoen albumverkope wêreldwyd, asook vier Grammy-nominasies, en ‘n Golden Globe vir vermaaklikheidster van die jaar. Hy is bekroon met 63 goud- en 24 platinum-albums en is een van ‘n handjievol kunstenaars met ’n ster op beide die Hollywood Walk of Fame en die Las Vegas Walk of Fame.

Engelbert Humperdinck is natuurlik veral bekend vir sy reusetreffer “Release Me”, wat nommer een in die Verenigde Koninkryk was en ook ‘n groot treffer geword het in die VSA.

Hierdie charismatiese kunstenaar het agt groot toptien-treffers in die Verenigde Koninkryk geniet, waaronder die einste “The Last Waltz”, sowel as “There Goes My Everything”, “A Man Without Love” en “The Way It Used To Be”.

Engelbert Humperdinck (Foto: Greg Gorman Photographer)

The Last Waltz-swanesangtoer sal twee gesogte venues in Suid-Afrika besoek in Julie 2024. Kaartjies via webtickets.co.za.

  • Vrydag, 12 Julie 2024, 20:00 by SunBet Arena at Time Square Casino, Pretoria
  • Sondag, 14 Julie 2024, 16:00 by die Grand Arena at Grand West Casino, Kaapstad

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.