ToekomsVenster: Die Gees kom woon in ons

duif-vrede-vredemaker

(Foto: Sunyu/Unsplash)

“Omdat ons almal een liggaam geword het, is ons almal met die een Gees gedoop, of ons nou Jood of Griek is, slaaf of vry. Ons is almal van die een Gees deurdrenk.” – 1 Korintiërs 12:13 (AFR83)

Ons gesels oor die Heilige Gees. Ons bely dat Hy een van die Persone van die Goddelike Drie-eenheid is. Ons bely dat Hy aanbiddenswaardig is. Al die eienskappe van God is in die Gees teenwoordig. Die Gees is God. Dit is toegegee, onverstaanbaar, maar God is bokant begrip en verstand.

Wanneer Jesus aan die vooraand van sy vertrek hemel toe met sy hartverskeurde en onseker dissipels in gesprek tree, antwoord Hy hulle vrae en vertwyfeling.

Hy sluit by hul ongeartikuleerde worstelvrae aan en verseker hulle dat die dimensie wat nou aanbreek, die dimensie van die Gees op geen manier sal teleurstel nie.

Vanweë Jesus se mensheid was hy beperk tot tyd en plek. Natuurlik sou Hy kon kies om na gelang van tyd en omstandigheid dit op te sê, maar Hy doen dit nie. Hy is in alle opsigte mens, mens onder mense en mens met mense.

Mens tussen sy mense en mens tussen ander mense vir wie Hy in sy vriendekring wil insluit. Hulle moet Hom egter nooit kan verwyt dat Hy nie verstaan wat dit beteken om mens te wees nie. Derhalwe, benewens die sonde, identifiseer Hy met elke faset van menswees, net soos ander mense.

Nou staan Hy op die punt om hierdie werklikheid agter te laat en sy Middelaarsrol in die hemel voort te sit.

Hy wil sy volgelinge nie troosteloos en hulpeloos in ʼn uitdagende wêreld agterlaat nie en belowe dat Hy inderdaad sy teenwoordigheid by hulle voortsit, maar dan op ʼn besondere wyse, in en deur die Heilige Gees.

Verrassend, maar merkwaardig sê hy: “Julle sal groter werke doen as Ek want ek gaan na my Vader toe.”

Die Gees kom woon in ons, as jy wil, in ons harte en vertrek nêrens heen nie.

Jesus se volgelinge word nie as weeskinders agtergelaat nie.

Die Gees wat altyd by ons bly, kom neem sy intrek in elke gelowige.

Ons is gedoop met die Heilige Gees.

  • Wil jy meer weet oor die ToekomsVenster-projek? Stuur ʼn e-pos aan ds. Jannie Pelser by [email protected] vir nog inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.