Driejarige kla oor ‘monsters’; byeboer ontdek 60 000 bye

Argieffoto (Foto: Maria Maltseva / Pixabay)

Toe die driejarige Saylor Class gekla het oor “monsters” in haar slaapkamer, het haar ouers gedink dit is maar net haar verbeelding.

Die BBC berig egter dat hul siening gou verander het toe ʼn byeboer tienduisende bye bo die meisie se slaapkamer ontdek het. Saylor het gekla oor “monsters in die muur” van haar kamer in hul plaashuis in Charlotte, Noord-Carolina in die VSA.

Haar ma, Ashley Massis Class, en haar pa het hul aanvanklik nie vreeslik daaraan gesteur nie, veral nie omdat hulle onlangs die Pixar-fliek Monsters, Inc. gekyk het nie.

“Ons het selfs vir haar ʼn bottel water gegee en gesê dit is monstersproei, sodat sy enige monsters in die nag die skrik op die lyf kon jaag,” het Massis Class, ʼn binnenshuise ontwerper, aan die BBC gesê.

Dit het egter nie gewerk nie. Oor die volgende paar maande het Saylor al hoe meer daarop aangedring dat iets in haar kas wegkruip. Haar ma het weldra onraad begin vermoed en bye in die solder en skoorsteen opgemerk buite hul eeueoue woning. Sy het vermoed dat Saylor waarskynlik die gezoem van die bye naby haar slaapkamer se plafon hoor.

Die Class-egpaar het ʼn pesbeheermaatskappy gekontak en hulle het ontdek dit is heuningbye – ʼn beskermde spesie in die VSA. Hulle het kontak gemaak met ʼn byeboer wat gesien het hoe die bye na die vloerplanke van die solder beweeg.

Die BBC berig die bye het sowat agt maande lank aan hul korf gebou. Hy het ʼn infrarooi kamera gebruik om die mure in die driejarige se kamer te bestudeer.

“Dit het soos ʼn Kersfeesboom verlig,” het Massis Class bygevoeg.

Die byeboer, nou bekend as die “monsterjagter” deur die verligte Saylor, was verstom oor die ontdekking. Die korf het baie verder in die muur gestrek as wat hy ooit tevore teëgekom het.

Hy het sorgvuldig die muur oopgebreek en op die reusagtige korf afgekom.

Die byeboer het tussen 55 000 en 65 000 bye en sowat 45 kg heuning verwyder, aldus die BBC.

Massis Class reken die bye het meer as $20 000 (meer as R370 000) se skade aangerig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Renier ·

Dis in amerika, hulle sal seker die bye hof toe vat vir die skade,en wen.

Vriendelike Frikkie ·

@Kokerboom – Jy tel die vlerkies en deel dit met 4. ;-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.