Maroela Media het by van die “Op my eish!”-deelnemers ingeloer om te hoor hoe dit deesdae met hulle gaan en wanneer Kupido se liefdespyl hulle getref het.
Lees meerAlles vir Donderdag 11 April 2024
Beswaar teen NGV kry al meer steun
Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV) wat dokters verteenwoordig het nou ook aangekondig dat hy regstappe teen die NGV gaan doen.
AfriForum reg om eerste e-tol-hofsaak te beveg
Elke keer as motoriste onder hierdie duur wit olifante deurry, sal hulle herinner word aan ʼn stelsel wat sonder voordele op die publiek afgedwing is en uiteindelik verslaan is deur daardie selfde publiek wat sy voet neergesit het.
OJ Simpson sterf
Die omstrede Amerikaanse voetbalheld is Donderdag op die ouderdom van 76 dood.
Opod-ondersoek ná man glo vir ontvoerder aangesien is
Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) is besig met ʼn ondersoek nadat ʼn man glo verkeerdelik aangesien is as ʼn ontvoerder.
Lesufi moet Nasi iSpani-opdrag dadelik terugtrek – DA
“Die haastige en eensydige besluit wat deur Lesufi geneem is ondermyn hierdie beginsels en toon tekens van wat om te verwag sou die Bela-wetsontwerp in sy huidige vorm geïmplementeer word.”
Taalgebruik: eksklusief
Taaltoffie ondersoek die verskillende betekenisse en gebruik van die woord “eksklusief”.
Só lyk polisie se gemiddelde reaksietyd
“In ʼn tyd waarin meer as 85 mense daagliks vermoor word en 594 mense elke dag gewelddadig aangerand word, is hierdie reaksietye doodeenvoudig onaanvaarbaar.”
Gesonde gesinne: Wat is ons doel met dissipline?
Dissipline bly maar ʼn uitdaging. Lourindi sê die eerste stap is om te dink wat jou as ouer se doel met dissipline is.
Luister: Moet jou vuurwapen saamry of tuisbly op vakansie?
Maroela Media het gaan uitvind hoe jy veilig en gemaklik met jou vuurwapen kan reis en selfs vakansie kan hou.
Nog afleggings by Sibanye
Meer as 2 000 werknemers en kontrakteurs word deur die afleggingsproses geraak.
ToekomsVenster: Waarlik vry, of nie?
Ons het genade nodig en God gee dit vrylik aan elkeen wat daarvoor vra.
Enkele staalpaal, geen heining: Só lyk grens met Lesotho
“Die ANC het die mense van Wepener en alle gemeenskappe aan die Lesotho-grens en die provinsie heeltemal in die steek gelaat.”
Sakevertroue in Wes-Kaap hoogste in SA
Die DA sê die RMB/BEO-indeks oor sakevertroue en die provinsie se goeie werkskeppingsrekord wys dat die Wes-Kaap op die regte pad is.
Ekurhuleni het weer ANC-burgemeester
Die raadsvergadering is Donderdag sowat drie uur lank vertraag terwyl die EFF en ANC geredekawel het oor wie die volgende burgemeester van Ekurhuleni behoort te wees.
Nhleko tevrede met junior Bokke se voorbereiding
“Die wedstryde (teen Nieu-Seeland, Australië en Argentinië) sal ʼn goeie toets vir ons span se karakter en vaardighede wees en dit sal ongetwyfeld as voorbereiding vir Wêreldrugby se o. 20-kampioenskap dien.”
Wiele2Wiele: Ford stel twee nuwe Rangers bekend
Ford het twee nuwe Ranger-bakkies bekend gestel – die boskoning Tremor en die luukse Platinum. Die span gaan ry ook met ’n vinnige stasiewa – die Audi RS4 Avant. Hulle gee raad oor watter oktaan-petrol om te kies en ook oor watter ou motorfietse werklik ’n belegging kan wees.
Suidooster se minikunstefees gereed vir onnies, skoliere en ouers
Suidoosterfees Junior spog met ’n propvol program van opvoedkundige skrywerspraatjies, toneelstukke, musiekkonserte en vele meer.
Lang herstelpad wag, maar brandslagoffertjie kan weer ‘loop’, ‘hoop’
Wat veral ook weer vir Arno hoop gegee het, is toe sy rugbyheld, Victor Matfield, hom tydens sy behandeling in die rehabilitasiesentrum verras het. Caring Daisies het hierdie spesiale besoek gereël en Arno het van oor tot oor geglimlag.
Lesufi beloof werkskepping; dié wat werk sit egter sonder sent
“Dit is duidelik hierdie massa-indiensnemingskemas word nie geskep met die opregte bedoeling om werk te skep nie, maar eerder as ʼn ANC-verkiesingstaktiek.”