Gesonde gesinne: Wat is ons doel met dissipline?

(Foto: Josh Willink/Pexels)

Ouerskap is ʼn reuseverantwoordelikheid, maar dikwels ook ʼn fyn kuns: Ons wil só graag ons kinders vlerke gee, maar ons weet ook hoe belangrik grense is. Boonop sal ons as ouers ʼn goeie verhouding en hegte band met ons kinders wil vestig en koester.

Met Maroela Media se podsendingreeks wat fokus op ouerskap en gesonde gesinne, kuier Lourindi Nel oor die volgende paar weke in die ateljee om oor ouerskapskwessies te gesels.

Sy spring weg en takel die noodsaaklike tema van dissipline; bespreek die verskil tussen ʼn gesinsfondasie wat fokus op vrees teenoor ʼn verhoudingsbenadering; en praat dan oor gedrag as ʼn taal.

Lourindi het ook verduidelik waar haar reis met ouerskapsbegeleiding begin het. Kom luister na die volledige gesprek boaan hierdie berig.

  • Hierdie episode is die eerste in ʼn reeks onderhoude oor ouerskap, en die volgende onderhoud verskyn op Donderdag 18 April op Maroela Media. Lourindi se passie is om gesinne te bemagtig deur ouerleiding, ouerskapswerkswinkels en enige ander moontlike maniere om gesond en gelukkig te funksioneer. Volg haar op Facebook of Instagram, of stuur ʼn Whatsapp vir haar op 062 374 2847.
  • Luister na al die onderhoude in die reeks en lees ook Lourindi se maandelikse rubriek hier op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.