Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met nog ’n nuwe Chery – die Tiggo 7 Pro. Hulle vat die langpad van die Kaap na Bloemfontein en terug met die Hyundai Staria Elite-bussie en gaan ry ’n spesiale verjaarsdaggeskenk – die Suzuki Vitara Brezza S-Edition.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Wiele2Wiele"
Luister: Wiele2Wiele ry met Chery se Tiggo 8 Pro
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Audi se elektriese e-tron GT, gaan ry met die Chery Tiggo 8 Pro en rits rond met Suzuki se Celerio.
Luister: Wiele2Wiele vat die langpad met Opel-bussie
Wiele2Wiele vat hierdie week die langpad met Opel se Zafira Life bussie en ry ook met Audi se elektriese e-tron S Sportback.
Luister: ‘Wiele2Wiele’ ry met ʼn Opel Mokka
Vandeesweek gaan ry “Wiele2Wiele” met die nuwe Opel Mokka en wen die VW Spirit of Amarok-mediauitdaging.
Luister: ‘Wiele2Wiele’ vat pad met Mercedes-Benz, Volvo en Mahindra
Hierdie week gaan ry “Wiele2Wiele” met Mercedes-Benz se nuwe GLB, ervaar Volvo se elektriese voertuie en spandeer tyd met Mahindra se XUV300 W8.
Wiele2Wiele ry met Hyundai se Kona N en i30 N
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Hyundai se vinnige N’s – die nuwe i30 N en die Kona N. Hulle vat ook die langpad met BMW se X3 xDrive20d, gesels oor ‘stop-ry-tegnologie’ en deel hulle eerste-motorfiets-storie.
Wiele2Wiele ry met nuwe VW Caddy, Polo GTi en Merc se E300 Coupé
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die vyfde generasie Volkswagen Caddy, die Polo GTi en Mercedes-Benz se E300 Coupé.
Luister: Wiele2Wiele bekyk ’n nuwe Hyundai, Ford en Audi
Wiele2Wiele vertel vir jou hoe Hyundai se Creta nou “grênd” raak. Hulle bekyk die nuwe generasie Ford Ranger en Ford Everest en vat die langpad met Audi se Q5 40 TDI.
Luister: Kia Carnival beïndruk die Wiele2Wiele-span
Hulle gaan ry ook met Toyota se Land Cruiser 79-dubbelkajuit-herdenkingsweergawe en ʼn opgeknapte Mahindra XUV300.
Wiele2Wiele ry met nuwe modelle van BMW, Suzuki en Hyundai
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met drie nuwes wat sopas bekendgestel is: BMW se 2-reeks koepee, Suzuki se Celerio-buksie en Hyundai se Tucson-sportnuts.
Wiele2Wiele gesels oor Opel se Zafira en Merc se C-klas
Hierdie week gee Wiele2Wiele terugvoer oor Jeanette se eerste motorrenbyeenkoms in 24 jaar, hulle vertel jou meer van Opel se nuwe Zafira Life-bussie en die tegnologie in die Mercedes-Benz C-klas.
Wiele2Wiele gesels oor nuwe Audi e-tron-reeks
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor vier nuwe bekendstellings – die Renault Clio V, Chery se Tiggo 8 Pro, die Audi e-tron-reeks en die nuwe Mercedes-Benz C-klas.
Wiele2Wiele gesels oor nuwe VW Polo, ry met ‘n Merc en Peugeot
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Volkswagen se nuwe Polo, gaan ry met die Mercedes-AMG GLE 63 S en die Peugeot 208 Allure. Hulle praat ook oor spoedmeters en deel nuus uit die motorfietsbedryf.
Wiele2Wiele gesels oor motorbedryf, Toyota se Corolla Cross
Hierdie week gee Wiele2Wiele terugvoer oor Toyota se State of the Motoring Industry (SOMI), deel nuus oor die nuwe GR Beker-Yaris-uitdaging waaraan Jeanette gaan deelneem en gesels oor die Toyota Corolla Cross.
Wiele2Wiele gesels oor Kyalami 9-uur-uithouren
Hierdie week luister Wiele2Wiele na ‘n simfonie van sportmotorklanke by die Kyalami 9-uur-uithouren en ry met nog ‘n Hyundai Staria-model.
Wiele2Wiele: Hyundai se Staria Multicab bekendgestel
Hierdie week gaan Wiele2Wiele op hulle eerste bekendstelling vir 2022, met die Hyundai Staria Multicab. Hulle gaan ry ook met die Audi SQ5 TSFI Quattro en Kia se intreemodel die Sonet LX.
Wiele2Wiele gesels oor Suzuki Vitara Brezza, BMW M5 Competition
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor die Suzuki Vitara Brezza en oor BMW se fantastiese M5 Competition. Hulle gee ook raad oor brandstofverbruik en gesels met hul motorfietskenner oor al die jongste verwikkelinge.
Wiele2Wiele: Dakar en die Toyota Corolla Cross
Wiele2Wiele is terug en vir die eerste program vir die jaar word daar oor die afgelope Dakar-veldtydren gepraat en die hibriede Toyota Corolla Cross.
Wiele2Wiele ry met Citroën se C3 Aircross
Hierdie week gaan rits Wiele2Wiele rond met Citroën se C3 Aircross, gesels verder oor die BMW 4-reeks Gran Coupé en vertel vir jou hoekom Formule 1-renjaers so fiks moet wees.
Wiele2Wiele ry met BMW se 4-reeks Gran Coupé
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe BMW 4-reeks Gran Coupé, rits rond met die Nissan Navara PRO-4X en vat die pad met Toyota se Land Cruiser Prado.