Haiti beleef al sedert Februarie ʼn toename in geweld. Bendes het saamgespan en polisiestasies, tronke, die lughawe en die hawe aangeval.
Lees meerAlles vir Dinsdag 2 April 2024
Meer vrae as antwoorde ná hulle seuntjie se skedel vind
“Tussen ʼn val, manslag en moord kan geen afleiding nog gemaak word om sy afsterwe te verduidelik nie.”
Zuma teken appèl aan teen OVK-besluit
Oudpres. Jacob Zuma het Dinsdag appèl aangeteken teen die OVK se besluit wat hom verhoed om aan die verkiesing deel te neem.
Batebeslagleggingseenheid gryp ‘korrupte’ attaché se bates
Die Nasionale Vervolgingsgesag se batebeslagleggingseenheid het Dinsdag toegeslaan en op die bates beslag gelê van ʼn weermag-attaché wat daarvan beskuldig word dat hy miljoene van die wapenvervaardiger Denel verduister het.
Vir watter etikette gee jy mag?
Elkeen van ons het ʼn ou sakkie klippe wat ons saamsleep, hetsy dit gaan oor hoe jy lyk of hoe jy oor jouself voel.
17-jarige leeu gegroet
“Die leeu kon nie meer vir homself sorg nie en die besluit moes ongelukkig geneem word om hom met chemiese middels om die lewe te bring.”
MK-lid van aanhitsing aangekla
Aanklagte van aanhitsing tot geweld is aanhangig gemaak teen Visvin Reddy, lid van die uMkhonto weSizwe (MK)-party.
Op die spektrum, maar wat beteken dit?
Wat het ons ouers van neurodivergente kinders meer nodig as enigiets anders?
Weermag se ontplooiing in DRK des te meer rampspoedig
ʼn Gebrek aan veldkombuise, geen dokters of verpleegsters om noodgevalle te hanteer nie, geen verkoelde vraghouers nie, ʼn gebrek aan ablusiegeriewe en geen geld om vir voorraad te betaal nie. Die ANC het die weermag gebreek, sê Kobus Marais, woordvoerder van die DA.
ToekomsVenster: Die spiraal na Bo
As jy dit in jou eie krag aandurf sal dit jou onderkry. Gewapen met die volheid van God in Christus Jesus lyk dinge anders. Dit verteenwoordig uitdagings wat in die krag van sy Gees aangedurf kan word.
Mapisa-Nqakula moet eerder bedank – VF Plus
“ʼn Speaker dien as ʼn simbool van integriteit, eerlikheid, respek en verantwoordbaarheid van die parlement en dit is nou in gedrang gebring,” sê Pieter Groenewald, VF Plus-leier, in sy oproep aan die speaker om liefs te bedank.
Riaan Benadé maak stoom op Top-20
Riaan Benadé en Franja du Plessis het elkeen ʼn nuwe treffer op vandeesweek se Top-20.
Inkomstediens vorder byna R10 miljard meer in as verwag
Ondanks ʼn beduidende toename in terugbetalings aan belastingbetalers, lae ekonomiese groei, logistieke uitdagings, ongekende kragonderbrekings en ʼn daling in kommoditeitspryse het Jan Taks R54 miljard meer as die vorige boekjaar ingevorder.
Inskrywings vir Aitsa-musiektoekennings nou oop
Pretoria FM is weer aan die stuur van sake, en daar is ʼn hele paar pryse in ʼn verskeidenheid kategorieë op die spel.
Britte eis antwoorde ná hulpwerkers in aanval sterf
David Cameron, Britse minister van buitelandse sake, het Israel gevra vir ʼn volledige, deursigtige en dringende verduideliking oor die lugaanval wat die lewe van sewe noodlenigingswerkers geëis het.
Kate glo ‘gedwing’ om kankernuus bekend te maak
Kate het op Vrydag 22 Maart in dié roerende video aangekondig dat sy is in die vroeë fases van chemoterapie is.
‘Hoe herlaai ons SA?’ en nóg aktuele gesprekke op Suidoosterfees
Skrywers, joernaliste en nuusmakers gaan tydens die Jakes Gerwel-gesprekke op die Suidoosterfees byeenkom om oor ʼn verskeidenheid aktuele sake en boeke te gesels.
Een dood, twee beseer toe 12-jarige by Finse skool losbrand
Volgens ʼn omstander het skote oor die ganse skoolterrein weerklink waarna leerders histeries begin rondhardloop het.
Taalkundige tree uit as SA Akademie-hoof
Sy het ook ʼn sleutelrol gespeel in die ontwikkeling van ʼn taalbeleid en -plan vir Suid-Afrika gedurende die eerste demokratiese dekade.
DA eis onmiddellike debat oor mosie van wantroue in speaker
Volgens Siviwe Gwarube, hoofsweep van die DA, is daar geen rede waarom die mosie nie so gou as moontlik aangehoor kan word nie.