Dit was so hittete of die staat het beslag gelê op oudpres. Donald Trump se bates en sy sakeryk het ineengestort.
Alles vir Dinsdag 2 April 2024
Slotreus Whitelock binnekort klaar met rugby
“Ek het al ʼn paar keer met my vrou en kinders oor ons toekoms gesels; dit is tyd dat ek my rugbyhoofstuk afsluit.”
Jolion-hibried het baie wat in sy guns tel
Ek het vir drie maande met Haval se hibriede Jolion, ʼn matige hibried, gery en dit is duidelik hoekom die Chinese ʼn ernstige aanspraakmaker in Suid-Afrika se motorbedryf word – baie motor vir minder prys.
Boer in hof ná skietvoorval op plaas
Joseph Jan Shabango word van moord aangekla nadat hy na bewering ʼn man doodgeskiet het wat glo onwettig op sy plaas gejag het.
Stokes sê nee vir T20-Wêreldbeker
“Om die Indiese Premierliga en die Wêreldbeker mis te loop is opofferings wat my hopelik in staat sal stel om die veelsydige speler te wees wat ek graag vir die afsienbare toekoms wil wees.”
Kragtarief styg afgelope 14 jaar met 405%
“Tensy daar ʼn gesamentlike poging is om die voetspoor van hernubare energieopwekkers regoor die land te vergroot en opwekkingsbronne weg van Eskom te diversifiseer, sal Suid-Afrikaners voortgaan om meer vir elektrisiteit te betaal.”
Voedselekonomie moet herbou word; dié keer volhoubaar
PwC sê die huidige voedselkrisis is so groot, dat veranderings onafwendbaar is.
Wiele2Wiele gesels oor Audi se ‘Urban’ en ‘Black’
Wiele2Wiele het meer gaan uitvind oor die ‘Urban Edition’ en ‘Black Edition’ wat nou saam met verskillende Audi-modelle beskikbaar is. Hulle gaan ry met die Nissan X-Trail, gesels oor koppelaars en daar is ‘n swart Ducati 749 Dark wat nou in die Louw-motorhuis pronk.
Speaker kry bloedneus in hof
Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se dringende aansoek om haar inhegtenisneming te stuit, loop nie net sake vooruit nie, dit is ook nie dringend nie, het die hooggeregshof in Pretoria Dinsdagoggend bevind.
Danville-skool baken van hoop, bemagtiging vir gemeenskap
“Dit is heerlik om te sien wanneer hulle uiteindelik weer soos kinders begin praat, droom en in ʼn verbeeldingswêreld inklim.”
Rooikatte balanseer netjies op die X-faktor
Dis hóé Laerskool Constantiapark die wát doen, wat die Rooikatte reeds vir meer as vier dekades ʼn pionierspad van uitnodigende onderwys laat loop.
F1-eienaars maak beursie groot oop vir MotoGP
MotoGP het in ʼn verklaring bevestig dat Liberty Media ʼn aandeel van amper 90% in sy Dorna-eienaars bekom het.
SA’ners weer al meer in buitelug
Suid-Afrikaners en Brasiliërs geniet verskeie sonsondergange per week, terwyl mense in China en Kanada verskeie kere per maand ’n sonderondergang geniet.
JK Rowling vaar uit teen nuwe Skotse haatspraakwet
Elon Musk, asook die Britse premier Rishi Sunak, het ook hulle kommer oor die wetgewing se impak op vryheid van spraak uitgespreek.
Blink sitrusseisoen wink ondanks uitdagings
Hierdie toename is ook die gevolg van jonger bome wat nou oor ʼn aantal streke tot produksie bydra.
Uitdrukking: ʼn Pleganker wees
Al ooit die uitdrukking “ʼn pleganker wees” teëgekom”? Lees vandag se Taaltoffie om meer hieroor te wete te kom.
Sewe hulpwerkers sterf in Gaza
Die slagoffers was burgers van Australië, Pole, die Verenigde Koninkryk, Palestina en ’n persoon met dubbele burgerskap van die VSA en Kanada.
Slagoffer op N4 doodgesteek; verdagtes vlug
Die bestuurder het vermoedelik probeer wegkom, maar is met ʼn mes in die nek en rug gesteek.
Blitsbokke wíl beter in Hongkong
“Ons ken hom en ons is deeglik bewus van wat hy van ons verwag,” het Selvyn Davids gesê. Die komende Hongkong-toernooi is Philip Snyman se eerste solo-avontuur aan die stuur van die Blitsbokke.
NVG het 14 dae om te sê oor vervolging na Lily-mynramp
Die NVG het – hoewel hulle onderneem het om dit teen einde Januarie te doen – steeds nie hul besluit oor die vervolging na die Lily-mynramp bekend gemaak nie.