Sewe hulpwerkers sterf in Gaza

(Foto: AFP)

’n Amerikaanse liefdadigheidsorganisasie, World Central Kitchen, het sy bedrywighede in Gaza summier gestaak nadat sewe van sy personeellede Maandag in ’n “geteikende Israeliese aanval” gesterf het.

Die werknemers is geteiken kort nadat hulle kosvoorraad by ’n pakhuis afgelaai het.

Die slagoffers was burgers van Australië, Pole, die Verenigde Koninkryk, Palestina en ’n persoon met dubbele burgerskap van die VSA en Kanada.

World Central Kitchen sê sy span het in ’n  konvooi van onder meer twee gepantserde voertuie met die organisasie se logo daarop in ʼn oorgekome konflikvrye sone gereis toe dit getref is.

“Ondanks die koördinering van beweging met die [Israeliese weermag], is die konvooi getref toe dit die pakhuis in Deir al-Balah verlaat het, waar die span meer as 100 ton humanitêre voedselhulp wat op die maritieme roete na Gaza gebring is, afgelaai het,” sê World Central Kitchen.

Die kosvoorraad het net vroeër die dag in Gaza van Ciprus af op ’n boot en twee bergingsvaartuie met behulp van humanitêre seedeurgang aangekom.

(Foto: AFP)

“Dit is nie net ’n aanval op World Central Kitchen nie,” sê Erin Gore, uitvoerende hoof van die liefdadigheidsorganisasie. “Dit is ’n aanval op humanitêre organisasies wat opdaag in die ergste situasies waar voedsel as ’n oorlogswapen gebruik word. Dit is onvergeeflik.”

Die Israeliese weermag het intussen gesê ’n deeglike ondersoek word “op die hoogste vlakke” gedoen “om die omstandighede van hierdie tragiese voorval te bepaal”.

Die weermag het ook bygevoeg dat dit “nou saam met World Central Kitchen gewerk het” in die poging om hulp aan Palestyne te verleen.

Die Australiese premier Anthony Albanese het sedertdien bevestig dat die Australiese staatsburger Zomi Frankcom een van die slagoffers was. “Dit is heeltemal onaanvaarbaar,” het Albanese gesê.

Frankcom en sy medewerkers se liggame is Maandag na ’n hospitaallykshuis in die sentrale dorp Deir al-Balah geneem.

Zomi Frankcom (Foto: X)

’n AFP-joernalis vertel dat een van die werkers se liggame gister op die vloer op ’n tydelike draagbaar gelê het. Die werker het steeds ’n bostuk aangehad wat duidelik met die World Central Kitchen-naam en -logo gemerk is.

Drie buitelandse paspoorte het naby die liggaam gelê.

Adrienne Watson, woordvoerder van die Amerikaanse nasionale veiligheidsraad, sê die Withuis is “hartgebroke en diep ontsteld oor die aanval”.

“Humanitêre hulpwerkers moet beskerm word aangesien hulle hulp lewer wat broodnodig is,” lui ’n inskrywing van Watson op X.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Grassie ·

Dit is jammer dat so iets moes gebeur maar al die kritici moet in gedagte hou dat daardie hulpwerkers geweet het dat hulle in ‘n vuurwarm oorlogsgebied was waar die risiko groot is.

Agie@toeka ·

@GWS ek verstaan wat jy se maar was hierdie mense/organisasie nie bewus van die area wat hulle betree nie? As jy weet daar is n oorlog aan die gang sal jy dan die area doelbewus betree en as iets met jou gebeur dan skree” onaanvaarbaar” ? Sal jy jou kop in n byenes gaan druk?

popsa ·

Stem absoluut saam, Grassie en Agie@toeka. Jy weet baie goed dit is ‘n uiters gevaarlike oorlog-zone waarin jy jou begeef. Kan jy nou spesiale beskerming verwag en kry as jy tussen olifante, leeus en krokodille gaan rondwandel in ‘n wildtuin?

Jan Jacobs ·

Dis moord op burgerlikes, net soos die VSA se Antombom in ww2 op Japan.

Jan Jacobs ·

Ja marix dis seker hamas wat die VSA se senaat se geld bevonds. En wat britanje in die Anglo boere oorlog bevonds het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.