Boer in hof ná skietvoorval op plaas

Joseph Shabango het Dinsdag in die landdroshof op Bethal verskyn. (Foto: Elisma van der Watt/Maroela Media)

Joseph Jan Shabango (48), ʼn boer van Bethal, het Dinsdag in die landdroshof op dié dorp in Mpumalanga verskyn op aanklag van moord.

Shabango het Sondag na bewering ʼn 35-jarige man doodgeskiet wat glo onwettig op sy plaas gejag het.

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, het vroeër bevestig dat die boer Sondag om 08:30 verskeie skote op die man afgevuur het. Paramedici het die man op die toneel dood verklaar.

ʼn Vriend van die oorledene wat van die toneel gevlug het, het saam met EFF-lede voor die landdroshof aan ʼn betoging deelgeneem. Die groep het onder meer geëis dat Shabango borgtog geweier word.

EFF-lede het buite die hof betoog en onder meer geëis dat borgtog nie toegestaan word nie. (Foto: Elisma van der Watt/Maroela Media)

Volgens Mdhluli is die vuurwapen wat tydens die voorval gebruik is, in die boer se besit gevind. Drie patroondoppies is op die toneel gevind.

Shabango het hom ná die skietery aan die polisie oorgegee.

Die ondersoek duur voort en die saak is tot later vandeesweek vir ʼn formele borgtogaansoek uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Misky ·

So die tweede skelm wat erken het dat hy op die toneel was en definitief onwettig betree het, is nou skotvry en toi-toi voor die hof. Ons land, ons mooie land en regstelsel, is in sy kanon in!!

Michael ·

Wat is ” onwettige jag” die persoon wat dood is was ‘n skelm en die eienaar het homself en sy gesin beskerm.

Anel ·

Nou wonder ek wat is die verskil tussen ‘n onwettige jagter of dan stroper in die wildtuin en een wst onwettig op jou grond jag of stroop?

absoluut ·

Die een het onwettig gejag en die boer het wettig beskerm, die boer het suksesvol beskerm, wat is die probleem??

Piet parys ·

Tyd laat die die Anc die land verlaat sodat wet en orde kan wees en toegepas word . So wat sa Cyril doen as sy broers een van sy miljoen rand Ankole beeste slag vir n ou vleisie . Betreding is onwettig . As die polisie n oortreder skiet maak dit nie saak nie maar niemand anders mag n oortreder skiet nie . Honde jagtery is onwettig . Die lnalatingskap van die Anc …n vervalle land

Pieter ·

Die persoon wat onwettig op die plaas was sal nie iets oor kom nie want anders stem hy teen die ANC en EFF.
Daar is heelwat wat ek graag wil sê maar dit sal nie hier geplaas word nie. Maar laat ek dit sê vir die boer. Knap gedaan

Frank ·

EFF het gehoor: Boer en borgtog.
Nie besef dis ‘n arme swart boer wat sy eiendom wou probeer beskerm nie.

Papsak ·

Nee net in SA mag jy jou goed en jouself of jou gesin nie beskerm nie hy net gesorg vir sy en gesin se veiligheid en wat het daai persoon op sy plaas gaan soek hy nie daar gehoort nie so !!!!!

Duck ·

Dis ‘n boer, en hy moet ondersteun word. Boere is die ruggraat van ons ekonomie. Gee hom sommer ‘n Bell’s ook.

Barry ·

Nou mag die boer nie sy eiendom beskerm meer nie??? Wit of swart, hulle verskaf kos aan die land. Kan die dom idiots nie verstaan AL die boere het probleme met skelms nie?

Windhond ·

Dis altyd die boere wat aan die kortste end trek, wat verstaan die volk nie?, hoe meer jy die boer verdruk, hoe meer is jy besig om die land en sy mense oor die afgrond stoot, want die mentaliteit dat jy die kos, melk, vrugte, groente, vleis, eiers,mielies van die Pick and Spar of die Shop – Ok sal kan koop as daar nie meer boere is nie is eintlik bejammerenswaardig

George ·

@Barry, ongelukkig is ons wette so van aard, dat jy nie iemand mag dood skiet om eiendom te beskerm nie.

Dries ·

Ek kan nie verstaan hoekom die “jagter”wat nou voor doe hof betoog, nie aangekeer is nie.

Tinus ·

Die EFF sal altyd vir die krimineel opstaan, maak nie saak hoe verkeerd hy is nie.

SwartBees ·

Waar is die Bittereinders, gaan hulle opkom vir die boer?

Kirst ·

Iemand is dood in ‘n skietery. Dan sou die polisie nie hulle werk gedoen het as ‘n moord dossier nie oopgemaak is nie. Dit moet ondersoek word as moord. Die boer sal waarskynlik vrygespreek word, maar hy moet hom gereed maak om ‘n klomp geld te mors op die oefening. As jy jouself verdedig in jou huis en jou aanvaller dood kan jy dieselfde te wagte wees. ‘n Aand of twee in die selle, en dan ‘n uitgerekte regsproses en waarskynlik meer as R100k se regskostes omdat jy en jou prokureur keer na keer by die hof gaan wag vir ‘n saak wat uitgestel word omdat die staat nie gereed is nie.

Patch ·

Sterkte meneer Shabango. Jy het net gedoen wat enige ander boer sal doen as vreemdelinge sy grond betree, jou gesin, grond, vee ens. beskerm. Ek hoop Afriforum sal hierdie boer ook bystaan met sy saak.

Jaco ·

Dit is ‘n stroper of wilddief hou asseblief op om die woord jagter in enige vorm te gebruik. Dit is ‘n klap in jagters se gesigte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.