JK Rowling vaar uit teen nuwe Skotse haatspraakwet

Skotland se omstrede nuwe haatspraakwet, wat onder meer die aanhitsing van haat teen transgender mense ʼn kriminele oortreding maak, is wyd deur bekendes soos die Harry Potter-skrywer JK Rowling en X-eienaar Elon Musk gekritiseer nadat dit Maandag amptelik in werking getree het.

Ingevolge die Wet op Haatmisdaad en Openbare Orde, wat in 2021 deur Skotse wetgewers aangeneem is, is “aanhitsing van haat” wat verband hou met ouderdom, gestremdheid, godsdiens, seksuele oriëntasie, transgenderidentiteit of om interseksueel te wees, nou ʼn kriminele oortreding in Skotland.

Skuldiges kan glo tot ʼn maksimum van sewe jaar tronkstraf kry.

Rowling, wat tans in Edinburgh woon en jare lank reeds uitgesproke is oor transgenderkwessies, het dié nuwe wet in ʼn reeks sosialemediaplasings uitgedaag en gesê “sy sien uit daarna om in hegtenis geneem te word” as die Skotse regering glo dat sy ʼn misdaad gepleeg het.

Sy het na verskeie bekende transgender vroue-aktiviste as mans verwys en gesê “vryheid van spraak en geloof is op ʼn einde as akkurate beskrywing van biologiese geslag verbied word”.

Die skrywer het verder aangevoer dat vroue ingevolge dié wetgewing nie een van die “groepe” is wat bykomende beskerming teen haatspraak geniet nie, hoewel die Skotse regering belowe het om vrouehaat in aparte wetgewing op ʼn latere stadium te takel, aldus AFP.

Musk, asook die Britse premier Rishi Sunak, het ook hulle kommer oor die wetgewing se impak op vryheid van spraak uitgespreek.

Sunak het in ʼn verklaring aan The Daily Telegraph gesê “mense moenie gekriminaliseer word omdat hulle eenvoudige feite oor biologie deel nie”.

Hy het verder belowe dat sy party “altyd vrye spraak sal beskerm”.

Verdere kommer dat dié nuwe wetgewing vir politieke doeleindes misbruik gaan word, is ook deur talle verbruikers op X geopper onder die hutsmerk #scottishhatecrime, met veral vrae rondom hoe wetstoepassers opgelei gaan word om iets as haatspraak te bestempel.

Die BBC berig dat Skotland se eerste minister, Humza Yousaf, egter volhou dat hy “baie trots” is op die nuwe wette en benadruk dat die wet “slagoffers van haat sal bemagtig terwyl openbare vryheid van uitdrukking gehandhaaf word”.

Bronne: AFP, BBC, Sky News.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Renier ·

Ek sal ook saam Tannie JK in die tronk gaan sit,want daar is steeds net 2 geslagte,gee nie om wat n wet bepaal nie. Ek voel wel dat as jy glo dat daar meer as die 2 geslagte is,jy in n inrigting hoort.

Goldy ·

Vryheid raak almeer beperk, linkses verander die Weste in diktatorskappe, maar die slimmes begin almeer verstaan.

Mariana ·

Die Here het ons geskape in twee geslagte, man of vrou. Gn wonder die wêreld lyk soos dit lyk nie want jy kan nou identifiseer as ‘n badprop of ‘n standbeeld, enigiets wat jou hart begeer en dan maak regerings dit nog wettig ook. Hoe op dees aarde kan dit nou reg wees? Nee dit mag seker outyds wees of ou wêrelds, maar die mense laat ‘n bitter smaak in die mond, want die wêreld was ‘n beter plek toe mense nog manlik en vroulik was. Miskien verstaan ek maar net nie mensdom nie. Miskien dink ek maar net die wêreld is ‘n bose plek en dat Satan feesvier in hierdie tye. Stenig my nou maar……..

Rooi rissie ·

Mariana. Jy is heeltemaal reg baie van ons weet wat is reg en wat is verkeerd. Ek stem volkome saam met jou sonder om jou te stenig.

Jeanette ·

O genade nee, ons mag nie oordeel nie ne? Maar partykeer kan ek en my man heerlik lag oor aanmerkings, soos jinne my vrou wat loop daar? Nee genade my man ek weet nie maar ek glo ons sal kan sien as jy “dit” se broek aftrek. Of o jinne daar gaan ‘n boetie/sussie of ‘n sussie boetie ai shame eintlik moet ons liewer net vir hulle bid!

Heinrich ·

Die stert swaai die hond hier; ‘n paar mense in Lalaland wat biologiese feite in denkbeeldige fiksie wil afdwing. Jy is of man of vrou, met ‘n seksuele voorkeur vir of ‘n man of ‘n vrou. Die res is fiksie.

Gaitsigubib ·

Die publiek moet noodwendig aan hul neuse gelei kan word. Die media is korrup en help om mense se stemme te snoer. Hoe anders gaan die bybelse eindtyd tot vervulling kan kom?

Andries ·

Jy kan ‘n koei vol wit en swart strepe verf, maar dit maak hom nog steeds nie ‘n zebra nie.

Mike ·

Humza (Mc)Yousuf die eerste minister van Skotland (huhhhh?). William Wallace sal ‘n oorval kry as dit waarvoor hy geveg het so op ‘n skinkbord weggegee word.

Pieter ·

Be careful what tolerate today as it may very well become mandatory in the future…

Wikkie ·

Dit is totaal absurd om te dink of te glo dat ‘n man ‘n vrou kan wees en anders om. Dit is ‘n illusie, waarin geestesversteurdes en mense met ernstige sielkundige probleme glo. Hulle kan nooit wees, wat hulle biologies nie is nie. Jou DNA bepaal jou geslag. Daarom kan jy slegs voorgee om te wees wat jy biologies nie kan wees nie. En om enige mens te vorseer om saam met jou voor te gee, strek teen enige mens se konstitusionele reg.

Geen wetgewing, boete, tronkstraf, vorm van intimidasie, boikot, of opinie, sal my ooit oortuig daarvan dat die waarheid oor geslag nie die waarheid is nie.

Hou op om die sielsiekes te beskerm en hul illusies te probeer normaliseer. Gee aan hulle die geestelike en sielkundige hulp wat hulle nodig het. En hou op om ander te vorseer om dit as goed, reg, normaal, of die waarheid te aanvaar.

Hoe meer dit in my keel afgedwing word en op my afgevorseer word, hoe meer weerstand bied ek daarrteen, hoe meer wrok bou ek daarteen op, hoe meer walg dit my.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.