Gedagte vir die dag: ʼn Boom by die stroom

hande-water-tiburi-stiltetyd.jpg

(Foto: pixabay/tiburi.com)

“Hy is soos ʼn boom geplant langs waterstrome, wat vrugte dra op die regte tyd. Sy blare verwelk nie; in alles wat hy doen, is hy voorspoedig.” (Psalm 1:3)

Skrifgedeelte
Psalm 1:3 (NLV)

Oordenking
As jy in die Woord bly en die Woord in jou, ontwikkel daar by jou diepte, volwassenheid en rypheid. Jy word sterk, want jou kennis van God neem toe. Jou Geesvervuldheid – waarvan die “stroom” ʼn simbool is – word sigbaar in jou vrug: liefde, vrede, vreugde, goedheid, getrouheid en geduld.

Jy moet voorspoed egter nie net in aardse terme definieer nie. In Bybelse terme beteken voorspoed dat jou God met jou is – dat jy jou lewe saam met Hom leef. Dit beteken dat jy sý vrede en krag beleef in die goeie én slegte tye van die lewe. Dít is die lewe van ’n geseënde, van ʼn geliefde! Dít is die vrug van ʼn diep verhouding.

Gebed

Laat ek in U bly, Here, soos U in my, en laat ek baie vrug dra. Amen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here vir elke belofte in U Woord wat ek my eie mag maak… Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.