MK-lid van aanhitsing aangekla

Visvin Reddy (Foto: Skermgreep uit Facebook-video)

Aanklagte van aanhitsing tot geweld is aanhangig gemaak teen Visvin Reddy, lid van die uMkhonto weSizwe (MK)-party.

Reddy het in Maart in video’s op sosiale media gewaarsku daar sal onrus wees as die MK-party nie toegelaat word om op die stembrief te wees nie.

“Daar sal anargie in hierdie land wees, daar sal onluste wees soos jy nog nooit in hierdie land gesien het nie. Daar sal geen verkiesing wees nie,” het Reddy aangevoer.

Chris Pappas, die DA se premierskandidaat in KwaZulu-Natal, het die nuus verwelkom.

“Hierdie verwikkeling kan nie gouer kom nie in ʼn tyd waar politieke spanning toeneem – provinsiaal en landswyd,” sê Pappas.

“Reddy se dreigemente om algehele anargie te veroorsaak, indien die OVK ongunstig besluit teen Jacob Zuma en die MK-party, kan nie ligtelik beskou word nie. Sulke uitlatings is gewoonlik die breekpunt vir onbeheersde politiekgedrewe geweld, veral in ʼn plofbare provinsie soos KwaZulu-Natal. Ons provinsie is al sinoniem met bloedvergieting, chaos, plundery en wetteloosheid in Zuma se naam.”

Volgens Pappas het Reddy gepoog om vrees en paniek aan te wakker onder stemgeregtigde kiesers in die provinsie. “Dit skep ʼn gevaarlike persepsie van ʼn mafia-agtige MK wat enigiets sal doen om te kry wat hulle wil hê. Hy skets ʼn prentjie dat die MK-party bo die wet verhewe is.”

Indien sy uitlatings onverhinderd gelaat word, kan dit ongegronde twyfel laat ontstaan oor die geloofwaardigheid van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), sê Pappas.

“Dit sal ʼn vlek wees op ons trotse geskiedenis van vry en regverdige verkiesings.”

“Ons hoop dat die gereg sy gang sal gaan en ʼn ewe ernstige uitspraak gemaak sal word deur die hof in dié saak.”

 

Visvin

NPA has charged Jacob Zuma’s close ally, Visvin Reddy who is number 10 on MKP list to Parliament for inciting violence. He is king to jail and he must be joined by Bonginkosi Khanyile for the same charges. Order must be restored

Posted by Moscow Mokoatedi Sebetha on Tuesday, April 2, 2024

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Leona ·

En hier gaan ons. Al die aandag afgetrek van die werklike probleem. Die ANC en Al hulle kamerade

skurweberg ·

Hoe lyk dit vir my of demokrasie vir SA ‘n verleentheid begin word? Iets is uit die Grondwet gelaat wat nooit moes gebeur het nie?

Nico ·

Hoe is dit dat hierdie persoon aangekla word vir aanhitsing en die leier van die EFF word nie aan gekla nie, wees ‘n bietjie regverdig.

Di ·

Ek persoonlik beskou sy dreigemente as niks minder as terrorisme nie! Hierdie tipe gedrag moet glad nie meer geduld word nie. Politieke persone is besig om die land wat reeds vervalle is, verder in die modder in te sleep.

Daisy ·

“Dit sal ʼn vlek wees op ons trotse geskiedenis van vry en regverdige verkiesings.”

Huh?? Het ons al ooit vry en regverdige verkiesings gehad?

Cherokee ·

Dit sal slegs tot voordeel wees as Zuma se party toegelaat word op die stembrief, want in Natal sal dit die anc geweldig baie stemme kos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.