Die kieshof het saamgestem met die MKP se vertolking van die Grondwet, dat ʼn veroordeelde misdadiger die reg het om te appelleer.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "MK-party"
Zuma perdfris en gesond – MKP
“Die valshede oor president Zuma se gesondheid is desperate pogings om ons vordering te ontwrig en ons vasberadenheid te verswak,” sê die MK-party.
Zuma, MK het tot môre om hofstukke in OVK-saak in te dien
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het direk appèl by die hoogste hof aangeteken nadat die kieshof beslis het dat oudpres. Jacob Zuma tóg verkiesbaar gestel kan word vir vanjaar se nasionale verkiesing.
MK-party wen saak oor logo, handelsnaam
Dit is nie die eerste keer dat ʼn hof in die MK-party eerder as die ANC se guns beslis nie.
MK se parlementsdrome dalk net lugkastele
Gaan Jacob Zuma se nuwe party nasionaal die pyp rook? Politieke kommentators deel hul sienings met Maroela Media.
OVK gaan appelleer oor Zuma
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het hom na die Konstitusionele Hof gewend nadat die kieshof beslis het dat oudpres. Jacob Zuma tóg verkiesbaar gestel kan word vir vanjaar se nasionale verkiesing.
FUL wil redes vir kieshof se Zuma-beslissing hê
“Die oppergesag van die reg vereis dat howe volledig gemotiveerde redes vir hul beslissings gee. Dit is dus van kritieke belang vir die geloofwaardigheid van die uitspraak en die vertroue wat landsburgers in die breër verkiesingsproses het dat redes vir die beslissing vinnig verskaf word.”
Zuma teken appèl aan teen OVK-besluit
Oudpres. Jacob Zuma het Dinsdag appèl aangeteken teen die OVK se besluit wat hom verhoed om aan die verkiesing deel te neem.
MK-lid van aanhitsing aangekla
Aanklagte van aanhitsing tot geweld is aanhangig gemaak teen Visvin Reddy, lid van die uMkhonto weSizwe (MK)-party.
MK-party onttroon dalk EFF – peiling
Die moontlikheid bestaan dat uMkhonto we Sizwe (MK), oudpres. Jacob Zuma se party, beter as die EFF in die komende verkiesing gaan presteer en eindelik die derde grootste politieke party in Suid-Afrika gaan word, aldus ’n nuwe peiling.
MK: Zuma slaan alleen die kitaar
Hierdie party is letterlik sy kaartjie tot vryheid en om eerlik te wees, is dit ʼn slim skuif – soortgelyk aan sy slinkse skuiwe om polities en geregtelik te oorleef.
Zuma is MK-party se presidentskandidaat
“Die enigste man in die MK waarvoor ons in die komende verkiesing gaan stem … is Jacob Gedleyihlekisa Zuma.”
Jacob Zuma, die MK-party, en die Kremlin se GRU
Intussen, om die gekriminaliseerde staat te voed, militariseer MK Suid-Afrika se liggaamspolitiek met dreigemente van drakoniese nuwe beleide en van ongekende politieke geweld en intimidasie.
Minister ontken sy bedank, sluit by MK-party aan
“Ek bly ʼn lojale en gedissiplineerde lid van die ANC, ʼn party wat sedert die 1970’s my politieke tuiste is. Eweneens bly ek ʼn toegewyde dienaar van die mense van Suid-Afrika …”
Nuwe MK-party se handelsmerk is ‘ongemagtig’
Daar word geëis dat die nuutgestigte party die gebruik van die uMkhonto we Sizwe-logo en handelsmerk dadelik sal staak.
Agterbaks en misleidend: MK-veterane woedend oor Zuma-truuk
“Ons wil dit baie duidelik stel dat die sogenaamde uMkhonto weSizwe- (MK-)party van Zuma nie [die] MK van Oliver Tambo is nie. Dit is nie die MK van Chris Hani nie. Dit verteenwoordig geensins die gedissiplineerde en toegewyde kaders van die outentieke Umkhonto we Sizwe nie.”
Dissiplinêre stappe kom dalk oor Zuma se verkiesingsuitsprake
ANC-leiers smee volgens Zuma ʼn komplot om die ANC te “vermoor”. Daarom, sê oudpres. Jacob Zuma, het hy geen ander keuse as om “drastiese stappe” te doen om die party te red nie.
Jacob Zuma stem nie ANC in 2024
“Dit sal verraad wees om ʼn veldtog vir die ANC van [pres. Cyril] Ramaphosa te dryf.”