Minister ontken sy bedank, sluit by MK-party aan

Mediakonferensie van die regering se interdepartementele groep belas met justisie, misdaadvoorkoming en veiligheid

Thandi Modise, minister van veiligheid en militêre veterane. (Foto: GCIS)

Thandi Modise, minister van verdediging en militêre veterane, het ʼn mediaberig dat sy bedank en by die nuwe MK-party aangesluit het, ten sterkste ontken en dit as fopnuus bestempel.

Die webwerf het berig dat Modise kwansuis as kabinetslid én ANC-lid bedank het.

Luidens ʼn verklaring verwerp Modise “onomwonde enige bewerings van ʼn bedanking of ʼn sinspeling dat sy die behoefte het om die ANC te verlaat om by enige ander party aan te sluit”.

“Ek bly ʼn lojale en gedissiplineerde lid van die ANC, ʼn party wat sedert die 1970’s my politieke tuiste is. Eweneens bly ek ʼn toegewyde dienaar van die mense van Suid-Afrika …” sê Modise en verwys ook na die talle ampte wat sy sedert 1994 in onder meer die parlement, die Noordwes-wetgewer en binne die ANC beklee het.

“Ek het volle vertroue in die leierskap van pres. Cyril Ramaphosa en die ANC in die geheel.”

Die minister het die berigte as “barbaarse optrede” bestempel van diegene wat ʼn wig wil indryf en alles moontlik sal doen om die eenheid van die ANC te ondermyn en onbestendigheid in die regering te bewerkstellig.

“Die berig maak ook ʼn bespotting van joernalistiek. Mense word gemaan om waaksaam en uiters versigtig te wees oor nuus van onbevestigde bronne.”

Die minister behartig tans haar pligte, soos bepaal deur Ramaphosa, en dien steeds in die nasionale uitvoerende komitee (NUK) van die ANC terwyl die party hom beywer vir ʼn “volstrekte oorwinning in die komende algemene nasionale verkiesing”, lui ʼn verklaring van haar kantoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Nie Verbaas ·

“Ek het volle vertroue in die leierskap van pres. Cyril Ramaphosa en die ANC in die geheel.” Nog n nar wat van die werklikheid verwyder is.

Casper ·

Sy is al in baie omstredenheid gedompel en dan laat my wonder of die rokie nie deur ‘n vuurtjie veroorsaak is nie.

Michael ·

Sy moet aftree sy is al stokoud ek weet daar is geen verskil tussen wat sy huidig doen en sou sy op pensioen wees nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Daar is baie op die spel. Niks verkeerd met vuil spel nie.

Wondermaarnet ·

Dit sal nie bedank nie, want dan is daar mos nie ‘n ruim inkomste nie.

koos ·

“lid van die ANC” en “toegewyde dienaar van die mense
van Suid-Afrika” mag nie eers in dieselfde berig genoem word nie, nevermaaind in dieselfde paragraaf.

Johan ·

Akkoord Koos, Domheks en eintlik met al die kommentare sover. Of sy nou bly of ry gaan geen verskil maak nie… bla bla bla

Andre ·

…sy weet sy is onbevoeg en behoort te bedank, maar ons ken al die kaders se weiering om die regte ding te doen!

skurweberg ·

Ek wil glo dat dit ‘n gewetensaak is. I want to believe that it is a matter of conscience.

Boatsie ·

Loop asb.
Jou verlies is net joune.
Niemand sal jou g…. lek om te bly nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.