Lloyd pronk in China

Lloyd Harris in China. (Foto: X/ATP Challenger Tour)

Lloyd Harris het vir die eindstryd van die Challenger-toernooi in China gekwalifiseer nadat hy vir Mark Lajal met 6-2 en 6-4 geklop het.

Die Suid-Afrikaner sal in Sondag se eindstryd teen Australië se James Duckworth te staan kom.

Harris het onlangs Suid-Korea se Challenger-toernooi gewen en hy beklee tans die 149ste plek op die amptelike ATP-ranglys.

Dit was sy vierde Challenger-titel van sy loopbaan en die eerste een sedert 2019.

Die Kaapstad-boorling was in ʼn stadium 31ste op die ATP-ranglys, maar beserings het ʼn definitiewe invloed op sy loopbaan gehad.

Sy beste vertoning op die internasionale verhoog was beslis in 2021 toe hy op die kruin van die tennisgolf was.

Hy het met ʼn paar skittervertonings teen spelers soos Rafael Nadal, Stan Wawrinka, Dominic Thiem, Kei Nishikori en Denis Shapovalov vorendag gekom.

Selfs Nadal was beïndruk met sy afslane ná die twee se ontmoeting in die Citi-ope; ʼn wedstryd wat Harris met 6-4, 1-6 en 6-4 gewen het.

“Ek het teen iemand kragte gemeet wat baie goeie tennis gespeel het; sy afslane was só goed,” het die Spaanse matador destyds gesê.

Uitslae (Madrid-ope):

Danielle Collins klop Olga Danilovic met 4-6, 6-4 en 7-6

Marketa Vondrousova klop Shelby Rogers met 6-1 en 6-3

Daria Kasatkina klop Cristina Bucsa met 5-7, 7-6 en 6-3

Aryna Sabalenka klop Magda Linette met 6-4, 3-6 en 6-3

Elena Rybakina klop Lucia Bronzetti met 6-4 en 6-3

Alexander Zverev klop Borna Coric met 6-3 en 6-2

Tallon Griekspoor klop Taro Daniel met 4-6, 6-3 en 6-4

Holger Rune klop Mariano Navone met 5-7, 7-6 en 6-4

Ugo Humbert klop Botic van de Zandschulp met 6-3 en 6-3

Taylor Fritz klop Luciano Darderi met 7-6 en 6-4

Carlos Alcaraz klop Alexander Shevchenko met 6-2 en 6-1

Hubert Hurkacz klop Jack Draper met 6-1 en 7-5.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.