Dis amper Kersfees en oor die hele wêreld maak mense reg vir die feestyd. Kyk saam na ʼn paar foto’s wat vandeesweek wêreldnuus gehaal het.
Lees meerAlles vir Sondag 17 Desember 2023
Cheetahs gee Sharks bloedneus
Die Cheetahs het Sondag in Bloemfontein die soveelste keer hande om erkenning opgesteek toe hulle die Sharks met 32-29 in die Europese Uitdaagbeker-reeks geklop het.
‘Lewensgevaarlike vloede’ tref Australië
Die ergste oorstromings in amper vyf dekades het veroorsaak dat ʼn lughawe gesluit en verskeie inwoners na veiligheid geneem moes word.
White beïndruk met Bulls se diepte
“Die spelers het tot die heel laaste beweging van die wedstryd hul beste gegee en hulle verdien ongetwyfeld ʼn klop op die skouer.”
Boerseep so na ʼn mens se hart
Willem en Hannetjie Smit het met Yolanda Wessels gesels oor hoe die Here hulle gelei het om hierdie seep te maak, ná hulle gebid het vir ʼn plan vir ʼn inkomste.
Oos, Wes, Mauritius bes
Flight Centre se data wys Suid-Afrikaners reis graag na Mauritius, toenemend alleen en bekostigbaarheid speel steeds ʼn rol.
Pienk Proteas bloos bloedrooi
Suid-Afrika was vandag kniediep in die moeilikheid teen Arshdeep Singh en hulle is vir 116 lopies op die Wanderers uitgehaal.
Gerco van Deventer vrygelaat
Gerco van Deventer is glo nou in ʼn hospitaal in Algerië, nadat terroriste hom vir ses jaar in Mali aangehou het.
Brande in Du Toitskloof ‘kommerwekkend’
Nog ʼn brand het Saterdag in die Du Toitskloof-pas naby die Paarl uitgebreek. Dié brande verg duur hulpbronne om te bestry en rig miljoene rand se skade aan.
Outisme, disleksie keer nie dié spraakterapeut
Firdous Sulaiman het vanjaar die Rektorstoekenning vir Uitnemendheid in Akademiese Veerkragtigheid ontvang nadat sy drie jaar van haar studies moes herhaal.
Dobson in sy noppies met sy Fransman-temmers
“Ek is baie trots op die spelers se veggees. Ja, ons kon dalk beter gespeel het, maar ons het een van die heel beste spanne geklop.”
Stappe kom teen TikTokker wat DA glo belaster
In ʼn stemboodskap word aangevoer John Steenhuisen het die Wes-Kaap as sekuriteit aangebied om ʼn multi-miljoenrandse lening by die Bezos-stigting in Amerika aan te gaan.
Dissiplinêre stappe kom dalk oor Zuma se verkiesingsuitsprake
ANC-leiers smee volgens Zuma ʼn komplot om die ANC te “vermoor”. Daarom, sê oudpres. Jacob Zuma, het hy geen ander keuse as om “drastiese stappe” te doen om die party te red nie.
Skryfnet-kursusganger publiseer eerste liefdesverhaal
Toe sy ingeskryf het vir Skryfnet se “Skryf ʼn liefdesverhaal” omdat sy lus was vir ʼn kreatiewe skryfkursus, het sy glad nie verwag dat dit tot die publikasie van haar eerste boek sou lei nie.
Kitshoff is pure goud
Steven Kitshoff was een van Ulster se sterre in Saterdagaand se bonuspunt-oorwinning van 31-15 oor Racing 92.
Oosthuizen op koers om Mauritius Ope te wen
“Ek dink dit is die eerste keer dat ek drie arende in dieselfde ronde aangeteken het en boonop met ʼn sethou op die 8ste putjie misluk het om ʼn vierde arend te behaal.”
Luister: Nuwe musiek, parfuum vir Irene-Louise ondanks tawwe jaar
Irene-Louise van Wyk bieg dat vanjaar een van die uitdagendste nóg was, en dat sy gereed is om 2023 vaarwel te heet.
Lyon se hernieude geesdrif kelder moedige Bulls
So naby, maar tog ook so ver. Die Bulls het met een punt teen Lyon op die Stade de Gerland verloor.
Stappe geëis ná gyselaarsdrama by myn
“Dit is nie voldoende vir Amcu om hulle bloot van die optrede van die aanvallers ondergronds te distansieer nie.”
Onwettige myners dorp se ‘reddingsboei’
Verskeie inwoners het aan Maroela Media gesê die hordes onwettige myners wat in en om Pelgrimsrus bedrywig is, is nie die dorp se ondergang nie, maar eerder die reddingsboei waarop talle ondernemings al jare lank hoop.