White beïndruk met Bulls se diepte

Jake White. (Foto: Twitter/Bulls.)

Die Bulls mag dalk Saterdagaand met 29 – 28 teen Lyon weg van die huis verloor het, maar Jake White het steeds rede om te glimlag.

Die Pretoria-span het gewys dat hy oor genoeg diepte beskik om ook in Europa ʼn krag te wees waarmee daar rekening gehou moet word.

“Ons is natuurlik teleurgesteld om te verloor want ons het gevoel dat ons dié wedstryd moes gewen het, maar ek is beïndruk met ons diepte,” het White gesê.

Volgens die Bulls se direkteur van rugby moet jy vir die volle 80 minute op jou beste in die Kampioenebeker wees – as jy konsentrasie verloor, kan jou teenstanders ʼn oorwinning onder jou neus uit steel.

“Ek is egter baie trots op die karakter en veggees van die spelers. Hulle het tot die heel laaste beweging van die wedstryd hul beste gegee en die manne verdien ongetwyfeld ʼn klop op die skouer.”

Die Bulls keer terug na Suid-Afrika met ʼn waardevolle wegwedstrydpunt in die sakkie en hulle sal Maandag weer op die oefenveld sweet ter voorbereiding van die VRK-wedstryd teen die Stormers in Kaapstad.

Twee weke, twee verskillende Bulls-spanne

  • So het die Bulls-spanne vir die eerste twee wedstryde van die Kampioenebeker gelyk:

Bulls teen Saracens op Loftus Versfeld: Willie le Roux, Kurt-Lee Arendse, Stedman Gans, David Kriel, Canan Moodie, Johan Goosen, Embrose Papier, Cameron Hanekom, Elrigh Louw (kaptein), Marco van Staden, Reinhardt Ludwig, Janko Swanepoel, Wilco Louw, Akker van der Merwe en Gerhard Steenekamp. Plaasvervangers: Jan-Hendrik Wessels, Simphiwe Matanzima, Mornay Smith, Deon Slabbert, Marcell Coetzee, Zak Burger, Jaco van der Walt en Sergeal Petersen.

Bulls teen Lyon op Stade de Gerland: Devon Williams, Henry Immelman, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Sergeal Petersen, Chris Smith, Zak Burger, Marcell Coetzee (kaptein), Mpilo Gumede, Marco van Staden, Janko Swanepoel, Deon Slabbert, Mornay Smith, Jan-Hendrik Wessels en Simphiwe Matanzima. Plaasvervangers: Tiaan Lange, Dylan Smith, Khutha Mchunu, JF van Heerden, Merwe Olivier, Bernard van der Linde, Jaco van der Walt en Sebastian de Klerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.