Die Tshwane-metro sê daar is niks onreëlmatig of korrup aan die toekenning van tenders om water aan inwoners in informele nedersettings te lewer nie.
Lees meerAlles vir Maandag 18 Desember 2023
Video: Dricus, Strickland pak mekaar (buite kryt) vóór titelstryd
Aanvanklik het dit gelyk of dit net by ʼn bekgeveg gaan bly – tot Strickland nader gestorm en die Suid-Afrikaner getakel het.
Godongwana: Gewone verbruikers moet maar opdok vir kragskuld
Enoch Godongwana, minister van finansies, sê die nasionale tesourie kan nie opdok vir elektrisiteitsverbruikers se agterstallige skuld nie.
BEE vir lugdienslisensies ‘onregmatig, onaanvaarbaar’
Volgens Sakeliga dreig die ASLC tans om lugdiensondernemings wat na sy oordeel “te wit is” se lisensies te weerhou.
Klein ‘Trouble’ op herstelpad ná hy boewe verjaag
Booswigte het die vier maande oue babahondjie beseer toe hy hulle agternagesit het.
Skok toe kar in Biden-kavalkade inploeg
ʼn Motor wat Sondag teen pres. Joe Biden se kavalkade vasgejaag het, het vir groot konsternasie gesorg.
Dirco waarsku oor SA’ners in buitelandse weermagte
“Enigiemand wat sonder die nodige toestemming van die NCACC by die IDF aansluit, oortree die wet en kan vervolg word.”
Agterbaks en misleidend: MK-veterane woedend oor Zuma-truuk
“Ons wil dit baie duidelik stel dat die sogenaamde uMkhonto weSizwe- (MK-)party van Zuma nie [die] MK van Oliver Tambo is nie. Dit is nie die MK van Chris Hani nie. Dit verteenwoordig geensins die gedissiplineerde en toegewyde kaders van die outentieke Umkhonto we Sizwe nie.”
Honderde vlug voor vloede in Australië
Nege mense, onder wie ʼn sewejarige pasiënt, moes oornag op die dak van ʼn hospitaal skuil. Intussen het kitsoorstromings ook krokodille in dorpstrate afgespoel.
Hier is planne vir daguitstappies in Gauteng dié vakansie
Die hele span by Maroela Media het koppe bymekaargesit vir uitstappies om die jongspan in die tyd besig te hou.
Ál meer woede oor Israel-oorlog in Gaza
Ná weke lange fel bombardering en gevegte is die meeste inwoners van Gaza ontwortel en mense steier onder tekorte aan brandstof, voedsel, water en medisyne.
Streng optrede oor Zim-kinders op pad na SA
Vir Zimbabwiese ouers wat in Suid-Afrika woon, veral dié met ʼn Zimbabwiese vrystellingspermit (ZEP), kan dit ʼn groot uitdaging wees om al dié dokumente in orde te kry. In plaas daarvan betaal ouers dikwels busmaatskappye ʼn ekstra fooi om die kinders oor die grens te “smokkel”.
Foto’s: Wêreldbeker-manie, brande en Thabo Bester – dié foto’s vertel stories
Dit was ʼn jaar vol hoogte- én laagtepunte. Van die voordeelde misdadiger Thabo Bester, glo dood in sy tronksel, wat springlewendig inkopies in ʼn luukse winkel doen, tot die Bokke se spogoorwinning, en verwoestende brande wat gemeenskappe op hul knieë gehad het.
Stigterslid van Australiese rockgroep sterf
Colin Burgess was AC/DC se oorspronklike tromspeler.
Moenie dat te veel Kerspret jou Janu-worry bederf
Verbruikers word aangemoedig om twee keer te dink oor elke rand wat hulle in Desember bestee.
Visum-vertragings pootjie ekonomiese groei in SA
ʼn Lang wagtydperk vir visums is algemeen in groot dele van die wêreld, maar Suid-Afrika het van die grootste agterstande met aansoeke wat soms vir geringe redes summier afgekeur word.
Laat aansoeke vir plasing in Gauteng-skole open
Slegs skole met plek sal beskikbaar wees vir aansoeke en ouers mag slegs by een skool aansoek doen waar die leerder dan outomaties geplaas gaan word.
Petisie aan Ramaphosa om NGV te laat vaar
Die HFA ondersteun universele gesondheidsorg, maar bevraagteken die parlement se goedkeuring van ʼn wetsontwerp wat aansienlike grondwetlike en prosedurele vrae skep en fundamenteel ook nie ʼn volhoubare stelsel van universele gesondheidsorg kan daarstel nie.
Bestendigheid is die wagwoord vir Proteas
Daar is tans nie ʼn middeweg vir die Proteas nie. Op ʼn mak kolfblad kan die kolwers maklik meer as 400 lopies aanteken, maar die vraag is steeds hoe om 280 lopies in moeiliker toestander te slaan.
Boete vir man oor dieremishandeling
Volgens die DBV het Victor Tshabalala selfs probeer om een van sy beseerde bulle op ʼn buurplaas weg te steek.