Foto’s: Wêreldbeker-manie, brande en Thabo Bester – dié foto’s vertel stories

Nuwerus in Namakwaland getooi in blommeprag. (Foto: Ashraf Hendricks)Dit was ʼn jaar vol hoogte- én laagtepunte. Van die voordeelde misdadiger Thabo Bester, glo dood in sy tronksel, wat springlewendig inkopies in ʼn luukse winkel doen, tot die Bokke se spogoorwinning asook verwoestende brande wat gemeenskappe op hul knieë gehad het. Kyk hier na sommige van GroundUp se aangrypendste foto’s.

Springbokkaptein Siya Kolisi neem ʼn selfie saam met ondersteuners buite die Kaapstadse stadsaal. Die Springbokke het deur die land gereis om saam met Suid-Afrikaners hul oorwinning tydens die Wêreldbeker-rugbytoernooi te vier en met die Webb Ellis-trofee te spog. (Foto: Matthew Hirsch)

Betogende inwoners van die Govan Mbeki-nedersetting in Gqeberha gooi emmers ontlasting op die Uitenhage-pad uit nadat toilette in die dorpie weke lank nie skoongemaak is nie. Dié foto is geneem deur Mkhuseli Sizani, ʼn voormalige GroundUp-verslaggewer wat in September dood is. (Foto: Mkhuseli Sizani)

Tyelinzima High School, wat uit voorafvervaardigde klaskamers bestaan het, op Koffiebaai in die Oos-Kaap is platgevee toe oorstromings die gebied vroeër getref het. Minstens agt mense is dood en duisende dakloos gelaat. (Foto: Mkhuseli Sizani)

ʼn Sand-mynmaatskappy in Khayelitsha in Kaapstad het bedrywighede opgeskort nadat inwoners van informele sinkhutte gekla het dat sand hul huise oorstroom. (Foto: Vincent Lali)

Talle families in Citrusdal in die Wes-Kaap was gestrand nadat oorstromings groot infrastruktuurskade aangerig het. Verskeie paaie is onder meer heeltemal weggespoel. (Foto: Ashraf Hendricks)

Families vlug tydens ʼn brand in Dunoon, Kaapstad, wat minstens 200 mense haweloos gelaat het. (Foto: Peter Luhanga)

Die Silwer Sounds-orkes, ʼn Klopse-orkes wat bestaan uit tot 70 musikante, oefen naweke in ʼn paneelkloppery in Athlone. (Foto: Ashraf Hendricks)

ʼn Huilende kind agter in ʼn motor nadat die voertuig tydens die gewelddadige taxi-staking in die Wes-Kap met klippe bestook is. Die taxi-staking, wat begin het nadat die metro taxi’s geskut het, het voedseltekorte in die stad veroorsaak en tot die moord op minstens vyf mense aanleiding gegee. (Foto: Ashraf Hendricks)

‘Welkom in die Noord-Kaap.’ Wildeblomme langs die R382 in die Noord-Kaap bied ʼn prentjiemooi uitsig tydens die beroemde blommetyd in Namakwaland. (Foto: Ashraf Hendricks)

Minstens 73 mense is dood toe ʼn brand in ʼn gekaapte gebou in die Johannesburgse middestad uitgebreek het. Die ondersoek na die oorsaak en omstandighede wat aanleiding tot die tragedie gegee het, word steeds ondersoek. (Foto: Ihsaan Haffajee)

Elzaan Debruyn dra haar geliefde hond, Coco, na veiligheid nadat stormwater deur Sandvlei in Kaapstad gestroom het. (Foto: Ashraf Hendricks)

Duisende gesinne het hul hutte op die spoorlyn tussen Nyanga en Philippi opgerig. (Foto: Sandiso Phaliso)

Duisende mense ruk in Suid-Afrika op om te vra vir ʼn skietstilstand tussen militante van Hamas en die Israelse regering nadat voortgesette konflik in die gebied reeds die lewe van duisende geëis het. (Foto: Ashraf Hendricks)

Kranse en kerse buite die parlement in Kaapstad ter nagedagtenis aan die Palestynse verslaggewer Roshdi Sarraj, wat in die Gaza-oorlog gesterf het. Volgens die komitee vir die bBeskerming van joernaliste is meer as 60 joernaliste en mediawerkers sedert die aanvang van die oorlog in die streek dood. (Foto: Matthew Hirsch)

Springlewendig en allermins agter tralies. Thabo Bester, ook bekend as die Facebook-verkragter, was amptelik “dood”, terwyl hy inderwaarheid in ʼn ingewikkelde komplot uit aanhouding ontsnap en vry in die strate rondgeloop het. Bester en sy vriendin, Nandipha Magudumana, is opgemerk waar hulle inkopies in Woolworths in Sandton in Johannesburg gedoen het. Dit het die owerhede gedwing om te erken dat Bester ontsnap het en ʼn reusesoektog is van stapel gestuur. Die twee is later in Tanzanië aangekeer en na Suid-Afrika teruggebring. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.