Laat aansoeke vir plasing in Gauteng-skole open

Ouers in Gauteng sal van vandag (Maandag) nog ʼn kans hê om laat aansoeke vir leerders in gr. 1 en gr. 8 vir plasing in die provinsie in te skryf.

Hierdie is die laaste geleentheid om plasing te verseker, het die Gautengse departement van onderwys Maandag gesê.

Inskrywing kan aanlyn gedoen word en die platform het reeds om 08:00 geopen.

“Slegs skole met plek sal beskikbaar wees vir aansoeke,” maan die departement.

“Ouers moet slegs by een skool aansoek doen en [die leerder] sal outomaties by dié skool geplaas word.”

Ouers kan dan die stawende dokumente volgende jaar by die skool indien wanneer skole in die provinsie op 17 Januarie heropen.

Matome Chiloane, Gautengse LUR vir onderwys, het vroeër gesê 272 963 leerders is reeds in skole in die provinsie geplaas; altesame 130 690 hiervan is voornemende gr. 1-leerders en 141 949 is gr. 8’s.

Verlede maand het Chiloane ook gesê 32 795 aansoeke wat ontvang is, het nie die nodige stawende dokumentasie bevat nie.

Ouers het tot 31 Januarie geleentheid om laat aansoeke vir plasing in te dien.

https://twitter.com/Newzroom405/status/1736444588062126215?t=rb1Hx4KJmrwl5O6xmMWDQw&s=08

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.