Gedagte vir die dag: Hier is my God

Argieffoto (Foto: Joel Muniz/Unsplash)

“Vertrou op die Here; laat Hý hom dan red! Laat die Here hom verlos as Hy hom dan so liefhet!” (Psalm 22:9)

Skrifgedeelte
Psalm 22:9 (NLV)

Oordenking
Dit gaan sleg met Dawid, hy word gespot, verag – verstoot. Dis vir hom bitter omdat hy wéét dat God hom kan red, maar dit gebeur nie. Sy vyande vra: Waar is jou God nou? Dawid pleit dat God Hom aan die hele wêreld sal bewys, maar beleef die teenoorgestelde.

As gelowiges in ’n ongelowige wêreld word ons ook soms verwerp of uitgesluit. Ons kan selfs spot beleef. Dis veral erg as mense vra: Nou maar waar is God? Dis moeilik om God aan mense te bewys wat wil sien voor hulle sal glo, want die Bybel sê dit werk presies andersom. Jy kan egter wel deur jou woorde en dade wys waar jou God is: lewend in jou hart.

Gebed

Vader, maak my ’n lewende getuie van u goedheid en krag! Amen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cherokee ·

Baie jare gelede het iemand vir my gesê dat hy net glo wat hy kan sien. Ek het ‘n elektriese koord in die muur geprop, en hom uitgedaag om aan die oop kant te raak. Toe hy terugdeins en sê dat daar elektrisiteit in is, het ek hom gevra om dit te wys. Want hy sien dit nie, maar hy glo dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.