“Ons soek verifieerbare syfers om aan te dui wat munisipaliteite se tariewe behoort te wees.”
Lees meerAlles vir Maandag 22 April 2024
Agt Nigeriërs aangekla ná aanval op polisiestasie
Polisiebeamptes wou die buitelandse burgers in hegtenis neem oor die besit van dwelmmiddels toe hulle hul teen inhegtenisneming verset het.
‘Regter se rasse-vooroordele ’n duidelike onreg’
“Hier is ʼn regter met ʼn persoonlike agenda, naamlik die velkleur van regverteenwoordigers van die litigerende partye. Dit is iets wat totaal irrelevant is tot die feite van saak wat voor hom dien.”
Driejarige verdrink in puttoilet
“Dit is ʼn tragedie dat hierdie jong seun se lewe op só onmenslike manier kortgeknip is.”
Bokke se oorsese bepalings bevestig
Die Springbokke skop hul oorsese veldtog in Junie teen Wallis in Londen af.
Swaar vonnisse oor BTW-bedrog van meer as R200 miljoen
ʼn BTW-bedrogsindikaat is in die Johannesburgse hooggeregshof ‘n kumulatiewe 205 jaar tronkstraf opgelê op 391 aanklagte wat wissel van bedrog, vervalsing en uitgifte, korrupsie, en geldwassery.
Groot melkverspreider in sakeredding geplaas
Desmanda Milk skuld tussen R80 miljoen en R90 miljoen aan melkboere in verskeie provinsies en boere sê duisende mense word hierdeur geraak.
ToekomsVenster: Ons is die rentmeesters
Ons is rentmeesters van alles wat God aan ons toevertrou het.
Vier dood, klomp vermis ná swaar reën China tref
Vier mense is dood en nog tien word vermis, ná vloede die suidelike streke van China Maandag getref het.
Kind dood in Ficksburg-plaasaanval
Twee plaasaanvallers het Sondagaand op ʼn plaas in die Ficksburg-distrik in die Vrystaat toegeslaan.
Speurder in hof oor jong pa se skietdood
’n Speurder van Johannesburg is een van drie mense wat verdink word van die sluipmoord op Armand Swart verlede week.
Lok voëls na jou tuin
Voëls bring lewe in jou tuin en sal ook jou gemoed goed doen. Dit hoef nie meer geld te kos nie, beplan net jou tuin met hulle behoeftes in jou agterkop en jy sal beloon word met ure se genot.
Video: Vier Aardedag in jou eie tuin
Aardedag bied ʼn wonderlike geleentheid om die geskenk van die natuur te vier en ons verbintenis tot omgewingsbewaring te kweek of vernuwe.
Hof gee munisipaliteit drie weke om rioolstorting te stop
Inwoners van Komatipoort het die plaaslike munisipaliteit hof toe gesleep oor grootskaalse besoedeling van drinkwater deur riool wat die Krokodilrivier instroom.
Minder beurtkrag danksy ‘vordering, nié verkiesing’
“Ons [Suid-Afrika] het die sogenaamde silly season van verkiesings betree. Eskom sal nié daardie ruimte betree nie,” het Ramokgopa gesê.
Vrou glo in Brakpan verkrag, vermoor
Een van die verdagtes is glo voorheen op aanklagte van moord in hegtenis geneem.
Die Afrikanerverklaring
Daar word gevra wat Afrikaners benodig om blywend vry, veilig en voorspoedig saam met ander gemeenskappe in Suid-Afrika te kan leef. Die bondige antwoord hierop is dat ons normaliteit benodig.
Swart regslui ‘sou my vrae help beantwoord’ – regter
Die insette van swart advokate sou van nut gewees het in die saak, was die mening van regter Mandlenkosi Percival Motha wat in die hooggeregshof in Pretoria oor ʼn saak oor swart ekonomiese bemagtiging moes beslis.
Moedersdag-geskenkidees – bederf jou ma behoorlik!
Dit is die perfekte tyd om hierdie Moedersdag vir jou ma iets spesiaal te doen. Ontbyt in die bed, ʼn mooi brief spesiaal aan haar gerig, en dalk ietsie wat haar aan jou laat dink elke keer as sy dit gebruik.
Kaapstad negende keer beste lughawe in Afrika
Die lughawe het ook vir die vierde agtereenvolgende keer die toekenning ontvang vir beste lughawepersoneel in Afrika.