Moedersdag-geskenkidees – bederf jou ma behoorlik!

Ouma Bettie van Altydhoop, deel van die Maroela-familie

Moedersdag op die plaas Altydhoop is vir die Maroela-familie ʼn groot seën. Dis waar hulle ma Hannie en ouma Bettie op die hande kan dra.

ʼn Ma se hart is vol genade: haar omgee is groter as die Karoo en haar liefde meer as die bome in die bos. Haar drukkies is lekkerder as draairoomys op die strand.

Dit is die perfekte tyd om hierdie Moedersdag vir jou ma iets spesiaal te doen. Ontbyt in die bed, ʼn mooi brief spesiaal aan haar gerig, en dalk ietsie wat haar aan jou laat dink elke keer as sy dit gebruik.

Maroela Media se geskenkwinkel, Die Koöperasie, het ʼn paar idees vir bederfgeskenke hierdie Moedersdag:

Blikkantien-koffiestel

Blikkantien-koffiestel in Die Maroela Media Koöperasie.

As jou ma haar dag begin en eindig met ʼn lekker sterk beker boeretroos dan is die Blikkantien-koffiestel die ideale geskenk.

Hierdie Blikkantien is fênsie genoeg om voor te sit vir gaste of sommer rondom ʼn kampvuur te geniet. Dit kan op jou ou koolstoof gebruik word of sommer net om koffie by die huis oor te skink in iets mooi.

Klik hier om ʼn Blikkantien-koffiestel aan te skaf.

Huis-huis-resepteboek

Maroela Media se splinternuwe resepteboek Huis-huis is die perfekte geskenk vir ma’s wat hou daarvan om deur kos hulle liefde te deel.

Vir onse mense is eet mos ʼn bietjie soos asemhaal. Ons eet as ons bly is en ons eet as ons hartseer is. Ons eet as ons onsself jammer kry én as ons onsself wil beloon. Ons eet as ons saam is en ons eet as ons eensaam is. Ons eet, want dis wie ons is.

Meer as 100 watertand-resepte is by dié boek ingesluit.

Klik hier om Huis-huis aan te skaf.

Boland-gedigte op vier boereporselein-blikbekers

Boland-gedigte op vier boereporselein-blikbekers in Die Koöperasie

Die ideale geskenk vir die ma wat bykans alles het. Hierdie blikbekers is ideaal vir iemand wat net so lief is vir Afrikaans soos jy en is boonop die mooiste bederf vir Moedersdag.

Hierdie spesiale geskenk bestaan uit vier lang blikbekers met emalje-afronding, elk met ʼn strofe uit NP van Wyk Louw se gedig – “Vier gebede by jaargetye in die Boland”.

Die jaar word ryp in goue akkerblare,
in wingerd wat verbruin, en witter lug
wat daglank van die nuwe wind en klare
son deurspoel word; elke blom word vrug…

Klik hier om die Boland-gedigte-blikbekers aan te skaf.

Maroela-plaasvellies 

Velskoene in Die Koöperasie

Haar voete gaan waar haar gesin haar nodig het. Niks is ooit te veel gevra nie en as jy op haar knoppie druk sal sy hardloop om aan jou sy te kan staan in moeilike tye.

Elke ma verdien ʼn skoen van sagte leer om die dag gemaklikker te kan deurgaan.

Beperkte voorraad is nog beskikbaar van die eksklusiewe Maroela-plaasvellies.

Klik hier om Maroela-plaasvellies aan te skaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.