Soorte resepte:

Resep: Pasta-mosselpot

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Carissa Gan/Unsplash)

Smul aan hierdie romerige dis.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 50 g (½ pak) skulp- of lintnoedels
  • 20 ml kookolie
  • 15 ml botter
  • 1 klein ui, fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 125 ml droë witwyn (opsioneel)
  • 1 × 410 g-blikkie tamaties, fyngedruk
  • 5 ml gedroogde basilie
  • 30 ml tamatiepasta
  • 15 ml suiker
  • peper na smaak
  • 16 mossels met skulp of 500 g gaar mossels
  • 125 ml vars room of gewone jogurt (opsioneel)

Wenk

Jy kan die room met roomkaas (cream cheese) en die tamatiemengsel met ʼn knoffelgegeurde pastasous vervang.

Metode

  1. Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer en hou eenkant.
  2. Verhit die olie en botter in ʼn swaarboomkastrol en braai die ui en knoffel tot sag en deurskynend.
  3. Voeg die wyn, tamaties, basilie, tamatiepasta, suiker en peper by. Prut oor ʼn lae hitte totdat die sous verdik.
  4. Voeg die mossels en room of jogurt by.
  5. Meng die tamatie-en-mosselsous met die pasta.
  6. Strooi die pietersielie oor en bedien met varsgebakte knoffelbrood.

Bron: Marilyn Kuier en kook!

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.