Agt Nigeriërs aangekla ná aanval op polisiestasie

(Foto: SAPD/Facebook)

Agt Nigeriërs het in die Kimberley-distrikhof verskyn op aanklag van opsetlike saakbeskadiging, aanranding en openbare geweld.

Die agt beskuldigdes, Onogu Nwaemeka, Kelecho Oken, Ebot Kennedy, Chijioke Steven,  Charles Aknaji, Umemba Sophuru, Amajoyi Tochukwu en Charles Okerie Onyedikashi is in hegtenis geneem ná hulle die Kimberley-polisiestasie en lewe van die SAPD aangeval het.

Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê op die dag van die voorval het die polisiebeamptes die buitelandse burgers in hegtenis geneem op aanklag van die besit van dwelmmiddels.

“Die groep het gesmeek om nie in hegtenis geneem te word nie. Chaos het uitgebreek en die beskuldigdes het die beamptes aangeval. Die beamptes moes spook om die situasie onder beheer te bring.”

Bykomende taktiese ondersteuningseenhede is ontplooi en die agt persone is in hegtenis geneem.

“Die saak is tot 26 April 2024 uitgestel vir verdere ondersoek. Die beskuldigdes bly in aanhouding.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Papsak ·

Ja groot ASB boender hulle almal uit ons land uit ASB hulle het hulle plekke het niks hier te soek nie !!????

Cassie Carstens ·

Die Nigeriers soek net meoilikheid en is algemeen bekend met handel in dwelmmiddels. Sluit ons grense en stuur hulle terug – hulle is waarskynlik onwettig in die land.

Aggie ·

Dit sal nie help om hulle te deporteer nie, want ons grensdrade lê plat en grensposte se amtenare is onder verdenking. So stap die boewe net ons land binne. Nog ‘n klaaglike mislukking van die anc!

Di ·

Nigeriërs is die grootste dwelmhandelaars in die land!! Kyk hoeveel plekke het hulle letterlik oorgeneem, bv Sunnyside. Hulle almal stroom na SA want hier word hulle skatryk. In hulle eie land is daar nie werk nie daarom stroom hulle almal na ander Afrika land toe, SA is die mees gesogte plek vir enige krimineel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.