Gedagte vir die dag: God sal nie vergeet nie

Argieffoto (Foto: Aperture Vintage/ Unsplash)

“Die behoeftiges word nie vir altyd vergeet nie, en die hoop van die armes sal nie vir altyd vernietig word nie.” (Psalm 9:19)

Skrifgedeelte
Psalm 9:19 (NLV)

Oordenking
Soms dink mense dat God hulle vergeet het, maar God sal nie en kan nie vergeet nie. Veral nie as dit oor “behoeftiges” of “magteloses” – soos Dawid hier sê – gaan nie. God staan juis by almal wat behoeftig is en op Hom staatmaak.

Waarom moet ons dan soms so lank op Hom wag? Dink aan geloof as saad wat jy saai. As jy jou vertroue op die Here plaas, beteken dit nie dat daar dadelik ʼn antwoord gaan kom nie. O nee, tussen die saaityd en die oestyd is daar verskeie seisoene. Dit lyk dalk asof daar niks op ʼn gesaaide land gebeur nie, maar die werklikheid is dat so ʼn land vol potensiaal is. Dinge gebeur wel, maar dis onsienbaar, onder die grond. Onthou, elke seisoen is nodig. Nee, God het jou nie vergeet nie, maar Hy wil meer met jou doen as wat jy dink. Saai solank geloof, want jy sal vir seker maai!

Gebed

God, help my om getrou te bly glo. Ek wag getrou op u tyd. Dit sal kom! Amen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here U is getrou…op dit is my hoop gevestig…tot in aller Ewigheid..Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.