Minder beurtkrag danksy ‘vordering, nié verkiesing’

Dr Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit, Eskom

Dr. Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit. (Foto: Ntswe Mokoena/GCIS)

Die 26 agtereenvolgende dae van geen beurtkrag nie het net mooi niks met die komende verkiesing te make nie, sê dr. Kgosientsho Ramokgopa.

Die minister van elektrisiteit het dit Maandag tydens ’n mediakonferensie duidelik gestel dat die onlangse verligting van beurtkrag bloot toegeskryf kan word aan die goeie vordering wat Eskom maak in die oplos van die land se elektrisiteitsprobleem.

“Ons is in ’n toksiese ruimte. Ons [Suid-Afrika] het die sogenaamde silly season van verkiesings betree. Eskom sal nié daardie ruimte betree nie,” het Ramokgopa gesê. “Ons is gefokus op die oplossing van hierdie probleem.”

Die minister het vanoggend gesê sommige mense is geneig om beurtkrag as wapen teen die regering te gebruik. “Sommige mense gebruik dit as ’n veldtoghulpmiddel. So wanneer jy dit [beurtkrag] uit hul arsenaal verwyder, word hulle blootgestel.”

Dít lei eindelik tot ongegronde teorieë, het die minister vanoggend verduidelik. Ramokgopa het toe van die geleentheid gebruik gemaak om die bewerings van ’n moontlike ineenstorting van die kragnetwerk voor, tydens of ná die verkiesing in die kiem te smoor.

Die minister sê die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners gun Eskom tyd om die probleem te pak en vertrou dat die afgelope maand se minder beurtkrag tekenend is van die vordering wat die nasionale kragvoorsiener maak.

Hy is egter bewus daarvan dat ander nog nie hiervan oortuig is nie.

Ramokgopa het vanoggend reguit gepraat en gesê daar gaan vorentoe beslis nog terugslae wees. “Ons werk steeds aan die betroubaarheid van hierdie masjiene [opwekkingseenhede]. Daarom kan ons nie met groot vertroue sê dat beurtkrag agter die rug is nie.

“Ek kan nie daardie stelling maak nie. Dit sal ’n valse stelling wees.”

Ramokgopa het wel gesê Eskom is tans verder gevorder as wat die beplanning was, “maar ons is nie waar ons wil wees nie”.

Die minister het gevolglik van Suid-Afrikaners gevra om die “geraas” in aanloop tot die verkiesing te demp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Ore ·

Ja minister, en ons glo nog die ooievaar bring babatjies. Moet asb ons intelligensie onderskat nie

Amelia ·

Ag almal weet die waarheid dit is presies wat hier gebeur na verkiesing stort alles seker weer in duie een probleme na die ander

Arend ·

“Die minister het vanoggend gesê sommige mense is geneig om beurtkrag as wapen teen die regering te gebruik?” Wel as jy useless is is jy useless. Maak nie saak wie jy is of wat jy doen nie. En dis nie sommige mense, dis almal.

Casper ·

As daar dan voor skedule vordering gemaak is met die opwekking van elektrisiteit minister van watter terugslae vorentoe praat jy as dit nie beurtkrag is nie.Minister ons is mos nie dom nie en sien is glo,maar dit sal nou goed gaan tot na die verkiesing.

Vanessa ·

Ja ons sal maar sien hoe waar dit is (he he) vertel my nog ‘n grappie. Ons is ewig dankbaar dat daar nie meer loadshedding is nie, maar ek wil nog sien hoe lank dit gaan hou.

Wynand ·

Integriteit en geloofwaardigheid word gekweek oor ‘n periode van konstante uitvoering van dade en nie woorde nie. Mnr. Ramokgopa, jy moet my nog bewys van jou geloofwaardigheid en jou party ook. Na 30 jaar is integriteit en geloofwaardigheid ontbrekend in die party. Oor minder as drie maande, praat ons weer, gaan jy dan uit ‘n ander mond praat?

Grassie ·

Hy sê ONS moet nie ‘n geraas tot aanloop van die verkiesing maak nie. Siestog.

Hendrik ·

Ek voorspel dat Eskom ‘n vaste tarief betaalstelsel van R2500 per huishouding en lae koste per kw/h gaan instel.

domheks ·

Dankie tog vir SOLAR! Heeltemal van ‘grid’ AF! Hy kan maar voorgaan om heuning te smeer!

JohanR ·

Blah blah blah. Sal die ANC na 29 Mei nog saam met ons wees?

Pawiljoen Rot ·

Mense is geneig om beurtkrag as wapen teen die regering te gebruik??? Beurtkrag is te danke aan die regering in die eerste plek!!!

George ·

Hier stem ek saam Julius, dag na verkiesing en ons is terug op level 6

Jaco ·

In Junie 2022, toe daar 3 weke lank nie beurtkrag was nie, was daar geen verkiesing op pad nie. So dalk, net dalk, is die minister tog reg dat die huidige geen beurtkrag niks met die komende verkiesing te doen het nie.

Nefie ·

Jy kan nie beurtkrag uit die vergelyking haal nie, dit bly daar want die ANC is DIREK die oorsaak daarvan.

Leon ·

Al gehoor van brainwash? Dis wat met ons gebeur die afgelope 3 dekades.

Philip ·

Ou Potivar jok asb vir mense wat nie die nodige kennis het nie. Ek het afgetree op middelvlak bestuur by EVKOM met die korrekte kwalifikasies. ASB vertel ons eerder wat het verkeerd geloop met PTA se metering wat ek gehoor het jy glo bestuur het.

Jessey ·

Ai hoe lekker lag ek nou. My dag was soooo “boring” gewees tot die grappies weer begin vloei het.

Johan ·

Dis hoekom die slaag punt op skool 30% is, sodat die klomp ‘dom’ en blinde volgelinge die snert sal glo.

Casper ·

Is dit blote toeval dat ons dorpie in hierdie 26 dae van eskom vrye beurtkrag ook nie munisipale beurtkrag het nie,ek glo nie en dit sê vir my dit is ‘n verkiesingsslenter deur die ANC.

My Mening ·

Persoonlik dink ek die gebrek aan beurtkrag tans het absoluut niks met “vordering” te doen nie. Ek dink eerder dit kan moontlik wees dat die vraag na elektristeit verminder het a.g.v. ons swak ekonomie ( besighede wat moes sluit, o.a ook as gevolg van beurtkrag()) en mense wat solar kry en sodoende van die “grid” afgaan.

Nietemin sal ons maar sien wat gebrur na die verkiesing……

KB ·

Jy lieg al so sleg…
Die volgende wat ons sal moet glo, is dat jou bakkies skoon-geskeer is.
Ou grapgat.

Republikein in die Wes Kaap ·

Eskom verloor markaandeel. Die entiteit se einde is in sig.

koos10 ·

Nou ja, die ANC mag gratis krag belowe, maar julle opposisie mag nie beurtkrag gebruik as verkiesings “tool” nie. Ek reken dat die krag infrastruktuur so sleg is dat “natuurlike” beurtkrag plaasvind met gereelde kragonderbrekings. Pta Oos al 5 dae sonder krag.

koos ·

Ek lees dan hulle maak reg vir fase 16? Eerder doktersgraad in BS praatjies as jy my vra, net soos sy marionetmeesters.

Fanie ·

Ag asseblief……..grootste deel van “verbetering” is agv die masiewe privaat belgging in sonkrag, dit verminder druk op netwerk, nou dink julle julle wen op julle eie. en ek is bereid om geld te wed dat die oop siklus turbines oopketels loop, en dat die koolsentrales revs in die rooi gedruk word

Papsak ·

Ag hy maak hom self bly kyk na verkiesing gaan dit weer so dalk tien keer erger hulle kan en het nog nooit in 30 jaar se tyd iets in plek of in stand gehou nie !!!!!!

Adriana ·

Hy is vol grappies, wonder wie probeer hy flous. Na die verkiesing praat ons weer, dan gaan ons na fase 6 of meer want dan het hul nie meer geld vir diesel vir opwekkers.

Harold ·

Dit het toe nie “gehou” nie op dag 27 slaan die paw paw die fan, Vdbpark se krag is af vir ure al, nieteenstaande No Loadshedding ?

ES ·

Ons almal weet die waarheid. Watter persoon wat lieg, gaan eerlik wees? Hulle brand miljoene liters diesel om ons aan die gang te hou.

Andre ·

‘n Paar van die kommentators bespiegel dat Eskom vreeslik “diesel brand” op die oomblik. Volgens Eskom se amptelike statistiek word daar op die oomblik minimaal gebruik gemaak van die diesel turbines. Maandagaand (jongste syfers) was daar byvoorbeeld nul gebruik.

Oomniklaassevriend ·

Nuwe finansiele jaar, nuwwe begroting, geld vir diesel vir opwekking, verkiesing ophande, beurtkrag baie waarskynlik selfs so gou as wat die stemme getel word.

Di ·

En ons moet dit glo? HOEVEEL keer is ons nie al bedrieg nie en dit gaan al vir JARE aan

Andre ·

@Rooikoos: Ja, ek glo hulle gepubliseerde statistiek. Toe dit sleg gegaan het, was hulle eerlik met hulle statistiek, hoe sleg dit ook al was. In die dae voor de Ruyter het hulle die statistiek weggesteek. Toe hy begin werk het was die syfers weer sigbaar. Dus : Ek vertrou die syfers wat hulle publiseer.

Hettie ·

Die nuwe naam vir loadshedding is “power outage” loadshedding is oral net onder ‘n ander naam dan lyk die regering wat “Eskom reggeruk het” goed en die land sukkel voort !! Hulle dink almal is stupid !

Charmaine ·

Ja Ja ons glo jou. En dan die aand van die verkiesing nadat stembusse gesluit het begin loadshedding sommer spontaan weer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.