Swart regslui ‘sou my vrae help beantwoord’ – regter

Regter Mandlenkosi Percival Motha (Foto: @whyjudgesmatter/Twitter)

As ʼn swart advokaat as deel van een van die regspanne voor hom verskyn het, sou die hof verskillende insette en voorleggings gehoor het, maar die hof is blootgestel aan ʼn eensydige siening.

Dít was een van die opmerkings van regter Mandlenkosi Percival Motha in die hooggeregshof in Pretoria oor ʼn saak oor swart ekonomiese bemagtiging waaroor hy moes beslis.

Motha het Vrydag gesê die uitkyk waaraan die hof blootgestel is, was eensydig, “deur geen fout van die regspan nie”, maar dat insette van swart advokate hom sou help om vrae wat hy steeds het te beantwoord.

Motha het in Februarie die nuus gehaal toe hy by ʼn groep advokate wou weet waarom daar nie ʼn enkele swart advokaat in die betrokke saak in die hooggeregshof in Pretoria teenwoordig is nie.

Hy het terselfdertyd versoek dat die prokureur-generaal ʼn ondersoek gelas na die “afwesigheid van diversiteit onder regslui”.

Motha het opgetree as regter in die saak tussen PERI Formwork Scaffolding Engineering en die Kommissie vir Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging, ʼn saak wat handel oor swart bemagtigingstelkaarte. Hy het ten gunste van PERI Formwork beslis dat die kommissie se bevindings teen die maatskappy tersyde gestel word.

In sy uitspraak sê hy in B-BBEE-sake waarby die staat, of staatsorgane betrek word en meer so, waarby ʼn senior advokaat betrokke is, is dit belangrik dat voorsittende beamptes aandring op ten minste een swart advokaat voordat die saak aangehoor word. ʼn Beduidende deel van die uitspraak handel oor transformasie in die regsberoep.

Hy het gesê dit is ondenkbaar om sonder die insette, insig en perspektief van “Afrika-advies” tot ʼn regverdige besluit te kom. Daarsonder sou die hof se uitspraak verarm en eensydig wees, meen hy.

Motha sê die teenwoordigheid van ʼn Afrika-advokaat is nie ʼn gerief nie, maar ʼn noodsaaklikheid vir geregtigheid. Hy het verwys na die Latynse frase nihio de nobis, sine nobis (niks oor ons sonder ons nie), wat neerkom daarop dat geen beleidsbesluit geneem moet word sonder die direkte deelname van die groep wat daardeur geraak word nie.

Motha het in Februarie ʼn e-pos aan die betrokke regslui gestuur waarin versoek is dat die advokate ʼn voorlegging van tien minute moet lewer om aan te dui waarom nie ʼn enkele swart advokaat in die saak betrokke is nie. “Kom dit nie neer op ʼn skending van artikel 9 van die Grondwet nie?” wou hy weet. Dié artikel hou verband met die bereiking van gelykheid en bepaal dat “wetgewende en ander maatreëls getref kan word wat ontwerp is vir die beskerming of ontwikkeling van mense wat deur onbillike diskriminasie benadeel is”.

Adv. Johan Brand wat opgetree het vir die Kommissie vir Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging, het vroeër in ʼn memorandum aan Motha geskryf hoewel hy “baie hoë agting het vir die amp van ʼn regter”, hy Motha se versoek “heeltemal onbehoorlik en onvanpas vind vir die amp van ʼn regter”.

Die vakbond Solidariteit het intussen by monde van sy regsnetwerk gevra Motha moet in die Noord-Gautengse hooggeregshof ondersoek en uit die regbank verwyder word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Lila ·

Ag, die man is mos nou heel betotteld met sy arrogansie…..

GWS ·

Ek hoop nie hy benadeel die sake voor hom omdat hy bevooroordeeld is nie!!! So ‘n persoon hoort nie as regter te dien nie.

Net-my-opinie ·

Sover my kennis strek volg ons die Romeins-Hollandse regstelsel na en het boggeall met Afrika insette uit te waai. Hallo regter, pik by! Dan moet jy maar eerder boendoehowe toe gaan en daar jou hamer gaan kap!

Jaco ·

Net vreemd dat elke keer wat dr nkosazana Dlamini Zuma tydens die corona inperking hof toe gesleep is, sy van WIT regsverteenwoordigers gebruik gemaak het? Hoe dan so?

Wikkie ·

Die regter is duidelik bevooroordelend en behoort daarom dadelik uit die regabank geskop te word.

Ek is dankbaar vir organisasies soos Solidariteit en Afriforum, wat sulke sake aanpak. Julle is ons spreekbuis. Julle gee aan ons ‘n stem, hoop, durf en moed. Juis omdat ons weet ons staan nie alleen nie.

Christine ·

Ag foeitog pleks hy nou net stil gebly het en aangegaan het nou weet almal hoe slim is hy

SjN ·

Beslis nie die skerpste potlood in die pakkie nie, hy behoort verwyder te word.

Jakes ·

Die regter se verduideliking is onaanvaarbaar maar ook duidelik dat daar n rassistiese ondertoon daarin is. BBBEE het geen doel gedien nie behalwe datdit meer skade verrig het met maatskappye wat verliese gely het agv gierigheid en onbevoegdheid.

Casper ·

Die advocate wat oogetreë het in die saak is aangestel om kliënte te verteenwoordig.Hulle het hulleself nie aangestel nie.Die regterlike dienskommisie moet teen die regter optreë soos in die geval van agbare Hlophe en Mantata.

Althes ·

Motha het onprofessioneel opgetree en die regsberoep in oneer gebring. Hy het veralgemeen, nie die kwessie van BBBEE aangespreek nie en die saak ìn ñ rassirkus ontaard.

KB ·

Hy is só slim…dis net hýself wat hómself glo. (Het hy ook die Biden-sindroom onderlede?).

koos10 ·

Ek wonder of hy al hierdie land se grondwet gelees het, daai gedeelte van almal is gelyk ding.

Marina ·

Regatellende aksie en meriete kan nooit in dieselfde sin genoem word nie. Iewers gaan iets in die hek duik! Ek vermoed hierdie vent sou ook nie in sy pos gewees het as dit nie vir regstellende aksie was nie?

Protea ·

Wat het kleur met IK te doen….. Jy is bevoeg om jou werk te doen of jy is nie???

Aggie ·

Kom ons kyk wat die RDK nou doen?? Moet asb net nie weer 10 jaar vat nie…

Kletsou ·

So volgens die regter bepaal die kleur van jou vel jou insig en benadering tot die reg? As dit so is, het SA werklik groot probleme…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.