Dit is nie die eerste keer dat ʼn hof in die MK-party eerder as die ANC se guns beslis nie.
Alles vir Maandag 22 April 2024
Video: Sosiale media gons oor Spice Girls-hereniging
Victoria Beckham se man, die sokkerikoon David Beckham, het die oomblik op video vasgevang en op Instagram gedeel. Dié video is reeds meer as 1,5 miljoen keer gekyk.
Woord: Metusalag
Wat beteken dit is iemand met Metusalag vergelyk word? Taaltoffie stel ondersoek in.
Ooste van Pretoria kan teen Woensdag lig sien
Die kragtoevoer na dele van die ooste van Pretoria sal volgens die Tshwane-metroraad teen Woensdag herstel wees.
Minister het plan met poste in gesondheidsektor
Die staat het tans net meer as 2 000 vakante doktersposte wat gevul moet word. Dit sluit nie verpleegsters en ander gesondheidswerkers in nie.
Luister: Posduif se jongste uitreiking ʼn ‘veelsydige, musikale reis’
“ʼn Album is ʼn storie, en hierdie is nege hoofstukke wat jou op ʼn toer deur stukkies van ons lewe vat.”
Sepiegids: Susan speel speurder in ‘Suidooster’; Birdy kry hartseer nuus in ‘Arendsvlei’
Almal is verbaas wanneer ʼn verhouding tot ʼn einde kom in “Binnelanders”, en in “Arendsvlei” maak Karla oop teenoor Chris oor haar probleme met Arno.
DA vra OB moet ANC ondersoek oor verkiesingsveldtog
Luidens ʼn uitgelekte stemopname beplan die ANC om staatshulpbronne te gebruik om stemme te werf.
Ballerinas gee die toon aan met nuwe wêreldrekord
Die doel was om ʼn rekord te verbeter van die meeste ballerinas wat vir ʼn minuut lank ‘en pointe’ bly dans.
Drie dood, een beseer toe vliegtuig by Emalahleni neerstort
Die vliegtuigwrak was by die paramedici se aankoms in vlamme gehul.
Werker wat geboortesertifikate verkoop tronk toe
Die werker was by die kantoor van binnelandse sake in Malamulele werksaam en het glo geboortesertifikate aan buitelandse burgers in ruil vir omkoopgeld uitgereik.
Resep: Biltongsouttert
Geniet hierdie heerlike southappie as ʼn bygereg of saam met ʼn vars groenslaai.
Nege vas oor vermoedelik gesteelde steenkool
Die polisie in Mpumalanga het geruime tyd lank inligting ingesamel en die verdagtes dopgehou voordat hulle eindelik Sondag vroegoggend toegeslaan het.
Faf-hulle misluk met die kolf; Rabada faal met die bal
Sondag was ʼn erg teleurstellende dag vir ʼn rits Suid-Afrikaners in die Indiese Premierliga, want nie Faf du Plessis, Rilee Rossouw, David Miller óf Kagiso Rabada kon hond haaraf maak nie.
Toeris sterf tydens skubaduikuitstappie
ʼn Chinese toeris is Sondag dood toe hy die aan die kus by Gqeberha gaan skubaduik en bewusteloos na die oppervlak teruggekeer het.
Drie dood weens onwettige kragverbindings in die Baai
Een vrou het gehurk en aan ʼn onwettige elektriese verbinding geraak terwyl ʼn ander op ʼn onwettige kragverbinding getrap het.
Nelly Korda herskryf die rekordboeke
Korda, suster van die tennisspeler Sebastian Korda en dogter van die eertydse Major-wenner (tennis) Petr Korda, is met die prysgeld van $1,2 miljoen (R22,8 miljoen) beloon.
Gedagte vir die dag: Die Gees se genadige aanraking
Wanneer ons bid, dink ons helderder, verstaan ons beter en kan ons nugterder redeneer.