Ballerinas gee die toon aan met nuwe wêreldrekord

Argieffoto (Foto: lynne / Pixabay)

Honderde jong ballerinas in wit tutu’s het verlede week in New York se Plaza Hotel byeengekom om ʼn nuwe wêreldrekord op te stel.

Die geleentheid is gereël deur die Youth America Grand Prix, ʼn balletskool wat sy 25ste herdenking met drie aande se vertonings by die Lincoln Center for the Performing Arts gevier het.

Die dansers sluit studente in tussen nege en 19 jaar oud wat meeding om beurse en professionele dansers wat reeds die program voltooi het.

Die doel was om ʼn rekord te verbeter van die meeste ballerinas wat vir ʼn minuut lank en pointe (op hul tone) bly dans. Hul gewig word vinnig van een voet na ʼn ander voet verskuif – ʼn passie wat as bourrée bekend staan. Hulle het op die maat van Tsjaikofski gedans.

Tina Shi, ʼn beoordelaar vir Guinness-wêreldrekords het bevestig altesaam 353 ballerinas het die poging suksesvol voltooi.

Die New York-gebaseerde Youth America Grand Prix bedryf sedert 1999 die wêreld se grootste studenteballet-beurskompetisie.

Die vorige rekord vir ballerinas wat en pointe gedans het, was 306 dansers in 2019.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Leeubekkie ·

Wow, wow, wow!! Baie dsursettingsvermoë. Welgedaan!!!

Ronél ·

Jammer, maar sokker- en rugbyspelers sal nie die Ballerinas se deursettingsvermoë kan ewenaar of verbysteek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.