Woord: Metusalag

Argieffoto (Foto: Mathew Schwartz/Unsplash)

Woord:
Metusalag, met “Metusalem” as wisselvorm.

Betekenis:
In Genesis 5:21-27 lees ons dat Metusalag, die seun van Henog, 969 jaar oud geword het. Hy was dus die oudste mens wat ooit geleef het. In ʼn figuurlike sin word die woord gebruik om ʼn persoon of iets te beskryf wat baie oud is.

In wynkunde verwys “Metusalem” na ʼn inhoudsmaat gelykstaande aan agt standaardwynbottels, dus ses liter.

Bronne: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.