DA vra OB moet ANC ondersoek oor verkiesingsveldtog

DA-leier John Steenhuisen (Foto: DA/X)

John Steenhuisen, DA-leier, wil hê Kholeka Gcaleka, die Openbare Beskermer, moet pres. Cyril Ramaphosa en die ANC ondersoek ná bewerings dat die ANC belastingbetalers se geld gebruik om stemme te werf vir die algemene verkiesing volgende maand.

Steenhuisen het Sondag in ʼn verklaring gesê die DA sal nuwe bewyse verskaf om die bewerings te staaf dat die ANC staatsfondse vir eie gewin gebruik.

Dié inligting in ʼn uitgelekte opname van ʼn vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) vroeg in April aan die lig gekom. Sunday Times het gister berig die ANC se topbestuur, Ramaphosa en senior openbare ampsdraers is opdrag gegee om “skouer aan die wiel” te sit en veral moeite te doen om sigbaar vir kiesers te wees, saam met ANC-verteenwoordigers voetwerk te doen en met gemeenskappe in gesprek te tree. Ramaphosa sou ook net teenwoordig wees op plekke in die land waar die ANC een of ander krisis opgelos het of naby is om ʼn oplossing te vind.

In ʼn laaste desperate poging om aan bewind te bly sal die ANC, luidens die opname, ook luisteraars van verskeie radiostasies oorval met advertensies wat spog met die suksesse wat die ANC die afgelope 30 jaar behaal het. Dié advertensies sou betaal word met geld uit belastingbetalers se sak.

Volgens Steenhuisen is dié misbruik van belastingbetalers se geld ʼn bewys van die wyse waarop die ANC voortgaan om Suid-Afrikaanse kiesers te manipuleer en die waarheid te verdraai om die idee te skep dat die regerende party landsburgers se belange op die hart dra. “Die ANC misbruik elke landsburger deur ongebreidelde korrupsie, wat uitloop op die ineenstorting van dienslewering,” sê Steenhuisen.

Hy het die ANC ook van “emosionele manipulasie” beskuldig en gewys op die afgelope weke sonder beurtkrag, wat hy as verdere manipulering van staatshulpbronne beskryf.

“Ten spyte van 17 jaar van beurtkrag wat Suid-Afrikaners onder die ANC moes verduur, het die ANC nou, weke voor ʼn verkiesing, staatshulpbronne gemanipuleer om meer diesel te verbrand om die ligte aan te hou. Boonop gee die ANC nou eers aandag aan dekades van staatsineenstorting onder hul toesig in ʼn desperate poging om aan bewind te bly,” sê Steenhuisen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

minnie muis ·

jy kan nie op kleur en stem aanstel nie , maar afika sal donker bly , en dis nie die vel kleur nie maar “MIND SET” wat nog in die steentydperk gebly het. Evolusie het nooit plaasgevind nie

domheks ·

Hoop van harte die cANCer word uitgestem in die verkiesing. Genoeg is genoeg!

GWS ·

Die ANC sal nou enigiets doen om aan bewind te bly. Alles net oëverblindery en gekonkel! Hierdie berig het my gladnie verbaas nie!!!

Leeubekkie ·

Die tragedie is dat hul verkiesingsfoefies die deurslag mense wat vir hul stem, se oë steeds verblind. Kospakkies en T- hemde is volgende op die lys, waarvoor hul kiesers weer gaan val…..En as daai mae weer honger is, en T-hemde al verbleik, begin die klagtes maar weer….

Pieter ·

NIKS nuut onder hierdie son. Politiek is net so 1 tree weg van die duiwel se huis. Kyk hoe warm het SA geword van ons politiek so gegroei het…. ;-).
Mense kook en word gejag vir stemme….

Pieter ·

Ons sal wel weet na 29 Mei of hierdie mense in hierdie land regtig wil beter word…
Al wat ek wil weet is:
Kom 29 Mei en niks verander, wat maak ons dan? want ek gaan nie weer die regte ding staan en doen, net sodat die meerderheid die DOM ding kan doen nie. Die land word mos gerun op Fear en Bigotry.

Martie ·

Maar hulle gebruik mos staatsgeld vir alles. Die klomp tropvee sal weer en weer vir hulle stem, daar geen harsings.

Cassie Carstens ·

Ek dink die ANC is nie meer wat hy was nie. Stukkend gebreek deur gieriges en skelms, die land ook!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.