Beleef dié week se nuusgebeure saam in foto’s.
Lees meerAlles vir Sondag 14 April 2024
Moord van melkman ná 56 jaar opgelos
Larry Grayam, wat 16 jaar oud was toe sy pa dood is, het gesê die verlies het hul gesin diep geraak. Sy ma is drie jaar ná sy pa se dood oorlede “weens ʼn gebroke hart”.
Lede van Flakka-bende gevonnis
Die polisie in die Wes-Kaap verwelkom die lang vonnisse wat opgelê is teen sleutelfigure van die Flakka-bende wat die gemeenskap van Muizenberg in 2019 geteister het.
Nienaber se Leinster op koers na Europese glorie
Ondanks Brian O’Driscoll se kritiek dat Leinster van sy aanvallende flair onder Jacques Nienaber se toesig kwyt is, het die Ierse klubreuse vyf drieë gedruk om La Rochelle uit die Kampioenebeker te boender.
Wildbewaarder se honde grootste helde in teenstropery-aksies
“Ek het toe besluit om vir my ʼn hond te kry, omdat dit na my mening een van die lojaalste bondgenote is.”
Jaarlikse duinrehabilitasie begin
Die duineprojekte is by Table View, Houtbaai en Fleurpark ingestel.
2025 se F1-aksie begin in Melbourne
“Ons vier dan die 75ste jaar van die F1-wêreldkampioenskap en dit is te danke aan die sport se nalatenskap wat ons toelaat om ʼn goeie bepalingskalender op te stel.”
‘Werkers se enorme e-tolskuld het aandag nodig’
“Dit is onredelik om burgers verantwoordelik te hou vir betalings gebaseer op ʼn stelsel wat sonder behoorlike konsultasie geïmplementeer en toegepas is.”
Kleinseuns van ouma se moord verdink
Die 71-jarige vrou het Vrydag verdwyn. Haar liggaam is Saterdag in ‘n vlak graf gevind.
Bakkery aan klante: Pasop vir diamant
Die eienaar glo ʼn steen uit haar trouring het in ʼn baksel deeg beland.
Vyf jaar ná brand verrys Notre Dame uit die as
Die brand by die Unesco-gelyste katedraal, wat in ʼn stadium tot 12 miljoen besoekers per jaar gehad het, het die wêreld op 15 April 2019 geskok gelaat.
Waterskaarste kom dalk oor werk aan Lesotho-waterskema
Kommer heers in dele van die Oos-Vrystaat en Gauteng oor moontlike watertekorte weens beplande instandhoudingswerk aan die Lesotho-Hooglandwaterprojek se watertonnels.
Rafa wil in Barcelona afslaan
Rafael Nadal was saam met Andrey Rublev op die oefenbaan in Barcelona en volgens omstanders het hy nie met sy beweeglikheid gesukkel nie.
‘Premier, departement keer hul rug op gestremde kind’
Net ure voordat daar ooreengekom sou word tot ʼn skikking buite die hof van ‘n mediese regseis vir nalatigheid wat verband hou met die geboorte van ‘n jong meisie in die hospitaal, het premier Mabuyane beveel dat die verrigtinge skielik beëindig word.
Swemkampioenskappe: Coetzé SA se nuwe diamant
Pieter Coetzé het op die pas afgelope Suid-Afrikaanse swemkampioenskappe vyf goue medaljes gewen en in twee items die Olimpiese Spele se kwalifiseringvereistes oortref.
Slegs tikkie oor die vingers vir vroueslaner-polisiemanne
“Dit kom neer op ʼn afdankingskoers van slegs 1,8% van al die sake.”
Ses in hof ná moord op sokkerspeler
Ses mans het in die Roodepoort-landdroshof verskyn op aanklag van die moord op die gewilde Kaizer Chiefs-sokkerspeler Luke Fleurs.
Oudtshoorn-egpaar gevonnis oor versekeringsbedrog
Die man het verskeie vals eise ingedien terwyl hy in ʼn tronksel gesit het.
Ná 14 jaar is Ilse Klink steeds pure “Dancing Queen”
Maroela Media het met Ilse Klink oor haar rol in “Mamma Mia!”, hegte vriendskappe en die tweede seisoen van “Nêrens, Noord-Kaap” gesels.
Sydney-aanvaller geïdentifiseer, ‘geen terreurmotief’
Sy ouers het ʼn verklaring deur die polisie uitgereik om hul meegevoel te betuig met hul seun se slagoffers en hul families.