Bakkery aan klante: Pasop vir diamant

(Foto: Sis’ Sweets Cookies and Cafe/Facebook)

Die eienaar van ʼn bakkery in Leavenworth, Kansas in die VSA het klante versoek om hul koekies baie versigtig te kou: Een van die koekies kan dalk die vermiste diamant uit haar trouring bevat.

Dawn Monroe, eienaar van Sis Sweets Cookies & Cafe het aan KMBC gesê sy het onlangs tydens ʼn werksdag afgekyk en opgemerk die middelste diamant uit haar trouring, wat sy al 36 jaar lank dra, het verdwyn.

Sy vermoed dit het uitgeval toe sy ʼn rubberhandskoen aan- of uitgetrek het toe sy ʼn baksel deeg aangemaak het.

“As jy dit dalk opspoor, sal ek vir ewig in jou skuld wees as jy dit kan teruggee,” het sy in ʼn plasing op die bakkery se Facebook-blad gesê. “Ek wil nie hê enigiemand moet ʼn tand breek nie.”

Monroe reken die diamant is waarskynlik sowat $4 000 (ongeveer R75 000) werd, maar sy hoop dat ʼn lojale klant die diamant sal teruggee. ʼn Beloning van gratis koekies wag op dié persoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

RS ·

…haal ‘n mens dan nie jou goeters af as jy met kos werk nie? Daardie ring is ook nie skoon onder die diamant langs nie. Dit gaan mos alles in die kos in.

Sê maar net…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.