Die rowers is glo deel van ʼn sindikaat wat gereeld op motoriste toeslaan.
Lees meerAlles vir Vrydag 8 Maart 2024
Groot klopjag by Safa-kantoor
Die klopjag en beslagleggingsoperasie volg op bewerings van diefstal en bedrog wat met sokkerbaas Danny Jordaan verbind word.
Geen borgtog vir polisievrou ná man se skietdood
Kate Lindiwe Hlongwane beweer dat haar dienspistool per ongeluk afgegaan het in ʼn stoeiery met haar man.
Fase 4-beurtkrag ‘nodig om reserwes aan te vul’
Laer fases van beurtkrag sal egter dié naweek ingestel word.
Gordhan laat ‘spoor van verwoesting’
Die DA sê Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het gekies om ʼn “dienskneg vir die ANC” te wees eerder as ʼn beginselvaste staatsamptenaar wat die belange van alle Suid-Afrikaners op die hart dra.
20 jaar tronkstraf vir Krugerwildtuin-stroper
ʼn Renosterhoring en vuurwapens is destyds in die stroper se besit gevind.
Vrou (65) sterf ná honde haar glo pak
Die huiswerker se werkgewers was nie tuis toe die ses honde haar glo gepak het nie.
ToekomsVenster: Ek dink God huil!
Ek dink God huil as soveel bloedvergieting, hartseer en trauma aan Hom toegedig word.
Aktiewe deelname aan SBL-verkiesings bemoedigend
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole sê gemeenskapsdeelname is vanjaar aansienlik groter.
Baasbrein Rassie kan nou ook spog met eredoktorsgraad
“Hierdie gesogte erkenning is nie net welverdiend nie, maar ook ’n getuienis van die merkwaardige bydraes en buitengewone impak wat Rassie op die gebied van sport en innoverende sportbestuur gemaak het.”
‘Ou ysters’ en ‘jong ysters’: op Ambagdag kruis dié paaie
“Daar is geweldig baie bouwerk of herbouwerk in Suid-Afrika nodig. Die ambagte gaan veral nou van belang wees. Dit is hierdie mense wat regdeur die geskiedenis, ná tye van swaarkry, met gereedskap in die hand en met ywer ʼn nuwe bedeling begin het. Hulle kan dit wat gebreek is, mos regmaak.”
Fernando blitsig en Carlos olik in Saoedi-Arabië
Aston Martin se Fernando Alonso is tevrede met hoe dinge in die oefenlopies verloop het, maar hy het gewaarsku om nie té gou die vreugdevure aan te steek nie.
Watertoevoer na Gautengse hospitale herstel
Hoewel die krag herstel is, sal dit dae neem vir reservoirs om te hervul en te stabiliseer.
Pravin Gordhan roep halt
Die verwagting is dat die 74-jarige Gordhan, ʼn veteraanpolitikus, ná die algemene verkiesing op 29 Mei uit aktiewe politiek sal tree.
Verdagte weer vas oor diefstal van selfoontoringbatterye
Ná verdere ondersoek is een van die misdadigers verbind met ʼn soortgelyke misdaad.
Kontinuïteit is Steve se wagwoord
“Ek kon baie veranderinge gemaak het, maar ek glo in die spelers. Ek weet dat hulle vasberade is om hierdie naweek goeie rugby [teen Ierland] te speel; ʼn mens kon hul teleurstelling ná die Skotland-wedstryd aanvoel.”
Kookwater-Keenan medevoorloper by Glendower
Die talentvolle Wes-Kaapse gholfster Keenan Davidse het Donderdag op Glendower in Edenvale van die beste gholf van sy loopbaan gespeel.
Wiele2Wiele gesels oor BMW, Audi se vuurwaens
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word daar gesels oor BMW se nuwe 5-reeks sedan, wat die BMW i5 M60 xDrive en BMW 520d insluit, en Audi se RS6 Avant Performance.
Goed, beter … Tourneo-bus
Die Tourneo Custom spreek vanself. Dit is beter toegerus as sy mededingers én aansienlik goedkoper.
Veelsydige spekboom help dorre aarde herleef
Die plant het eens die droë landskap van die Klein-Karoo in die Wes-Kaap oorheers waar dit die grond teen die skroeiende son help beskerm het. Jare lange oorbeweiding en wanbestuur het egter sy tol op spekbome geëis.