Fase 4-beurtkrag ‘nodig om reserwes aan te vul’

(Argieffoto: Steve Johnson/Unsplash)

Fase 4-beurtkrag sal Vrydag om 20:00 inskop om Eskom se noodreserwes aan te vul. Dié fase sal tot Saterdag om 05:00 geld, waarna beurtkrag tot laatmiddag opgeskort sal word.

Fase 2-beurtkrag sal dan weer van Saterdag om 16:00 tot Sondag om 05:00 ingestel word.

Dit word Sondag weer tot 16:00 opgeskort. Fase 1-beurtkrag sal daarna tot verdere kennisgewing geld.

Eskom sê hy skryf die instelling van laer fases beurtkrag Saterdag en Sondag toe aan ʼn laer as verwagte aanvraag na krag oor die naweek.

Sowat 1 500 MW se bykomende opwekkingskapasiteit sal na verwagting teen Sondag weer in die kragnetwerk beskikbaar wees.

Die top-aanvraag Vrydagaand word op 26 027 MW geraam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Papsak ·

Kan jy nou meer oor n naweek oulik man hele week verby nou wil julle wakker skrik ek glo nie daar is so groot aanvraag vir krag nie dit nog warm rerig kom by !!!!!!!

Vonnie ·

Nou hoekom kan hulle nie eerder die hele freaking week fase 2 he dag en nag sodat ons nie hoef oor te gaan na fase 4 toe nie???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.