Verdagte weer vas oor diefstal van selfoontoringbatterye

‘n Argieffoto ter illustrasie van ‘n selfoontoring. (Foto: Pixabay)

ʼn Man wat voorheen van diefstal en beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur aangekla is, is wéér vasgetrek.

Lt.kol. Siyabulela Vukubi, woordvoerder van die Valke, sê die 43-jarige man is Donderdag in die Bellville-distrik in die Wes-Kaap in hegtenis geneem.

In Maart 2020 is batterye van R50 400 vanuit die MTN-selfoontorings in onderskeidelik Kuilsrivier en Macassar in twee verdagtes se besit gekry. Nog skade van R3 500 is aan ʼn slimslot aangerig.

Die verdagtes het destyds in die Somerset-Wes-landdroshof verskyn waar hulle op borgtog van R3 000 vrygelaat is.

Ná verdere ondersoek is een van die beskuldigdes verbind met ʼn soortgelyke voorval, dié keer in Philippi. In oorleg met die direkteur van openbare vervolging is ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming goedgekeur en die man is Donderdag weer in hegtenis geneem.

Hy verskyn na verwagting Vrydag in die Athlone-landdroshof in Kaapstad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

domheks ·

More is die man maar weer op straat! Dit help nie die polisie doen hulle werk en die regstelsel het nie tande nie! R3,000 boete? – maat hy verkoop die baterye vir BAIE meer, en baie gereeld! $$$!

Mariana ·

Nou maar hoekom is hy nog buite. Hy hoort mos lankal agter tralies.

Sê maar net ·

Nou waarom was hy in die eerste plek vrygelaat?!? Maak mens boos!
Dom, dom, dom!!!

Papsak ·

Hy moes lankal toe gesluit gewees het diefstal dit mos terrorisme klaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.