Nuwe oorwurms deur Zaan, Die Piesangskille op Top-20

Zaan Sonnekus. (Foto: Skermgreep/YouTube)

Eloff, wat bekend is vir sy energieke liedjies, wys hierdie week sy dieper kant op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 met sy jongste enkelsnit, “Elke liewe ding”.

Eloff het self die liedjie vir sy meisie geskryf, en dit is vervaardig deur Hugo Ludik. “Elke liewe ding” is vandeesweek in die 15de plek.

Zaan Sonnekus bederf ook vandeesweek sy aanhangers met ʼn nuwe lied uit sy pen getiteld “Die kortste hier”.

Die liedjie se lirieke gee ʼn tong-in-die-kies blik op Zaan se siening van die Afrikaanse musiekbedryf.

Die UFC-middelgewigkampioen Dricus “Stillknocks” du Plessis, die rockster Francois van Coke en die sanger Prop verskyn in die musiekvideo.

Die Piesangskille se jongste uitreiking, “Converse”, maak ook vandeesweek sy buiging op die Top-20 in die 13de plek, wat beteken die duo het nou vier snitte op die Top-20.

Hulle gewilde snit, “Inge 2”, is nog in die vierde plek, terwyl “Diepseeduiker 17” in die negende plek is en “Haar naam was Somer” in die 17de plek.

Riaan Benadé vaar ook steeds goed, veral op stromingsplatforms soos Apple Music en YouTube. “Bosveldterapie”, nog een van die liedjies op sy nuwe album, Die Lot, maak vandeesweek sy buiging op die Top-20.

Riaan se “Stoom” bly in die no. 1-posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar drie liedjies wat klim, agt wat onveranderd bly, vier liedjies wat die treffersparade betree en vyf wat hulle plekke verloor.

1. Riaan Benadé – “Stoom”
2. Brendan Peyper – “Madelein”
3. Riaan Benadé – “Boksemdais”
4. Die Piesangskille – “Inge 2”
5. Eloff – “Vlerke”
6. Demi Lee Moore – “Hart breek”
7. Brendan Peyper – “Soen soos wat jy dans”
8. Riaan Benadé saam met Demi Lee Moore – “Hemel & Hel”
9. Die Piesangskille – “Diepseeduiker 17”
10. Bernice West saam met Bok van Blerk – “Die Afrikaner maak so”
11. Chris Steyn – “Helemal”
12. Brendan Peyper – “Moegdans”
13. Die Piesangskille – “Converse”
14. Jan Jan Jan – “Dans Kwagga”
15. Eloff – “Elke liewe ding”
16. Brendan Peyper – “Lentelyf”
17. Die Piesangskille – “Haar naam was somer”
18. Bernice West – “Hey jy”
19. Riaan Benadé – “Bosveldterapie”
20. Zaan Sonnekus – “Die kortste hier”

Maroela se keuse:

Een van Maroela Media se spanlede deel weekliks vyf van hul gunsteling Afrikaanse liedjies. Geniet die verskeidenheid!

Christo Brits, Digitalebesigheidsbestuurder, deel die vyf Afrikaanse liedjies waarna hy vandeesweek luister:

1. “Sweef” – Jan Bloukaas
2. “Karoonag” – Coenie de Villiers
3. “Lonely troebadoer” – Gian Groen
4. “Liedjie vir jou” – Jannie du Toit
5. “Skipskop” – David Kramer

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisiese albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.