Hy het haar liggaam na bewering in ʼn trommel onder haar ouers se bed versteek nadat hy haar doodgewurg het.
Lees meerAlles vir Woensdag 24 April 2024
Twee verdagtes in konstabel-skietery eers vrygelaat
Die vuurwapen wat vermoedelik in die skietvoorval gebruik is, is Dinsdag by ʼn perseel in William Taylorstraat in Bellville deur lede van die teenbende-eenheid opgespoor.
Minister moet sê oor dieselverbruik noudat ligte aanbly
“Dit is noodsaaklik dat daar duidelikheid en deursigtigheid is oor hoe Eskom – met die winter om die draai – nou skielik daarin slaag om ons ligte aan te hou.”
‘Spinnekoppe’ pla glo moord-verdagte
Spinnekoppe byt hom en die omstandighede in die tronk is glo so haglik dat ʼn moordbeskuldigde glo dit is rede om hom op borgtog vry te laat.
Meyerton-gesin, honde dood in huis aangetref
Die rede vir die gesin – en hul honde – se dood bly in hierdie stadium ʼn raaisel.
Groot beloning ná moord op twee wat sanitasiewerkers begelei
Weens die voortdurende veiligheidsbedreigings word taktiese reaksie- en sekerheidsbegeleidingsdienste aan personeel en kontrakteurs in die Philippi-omgewing toegeken. Twee van dié gewapende wagte is vandeesweek doodgeskiet.
Drie van Tshwane-metropolisie kry trekpas ná ‘uitbuiting’
“Hul registrasie as verkeersbeamptes sal ook ingetrek word. Hulle sal nie elders soortgelyke werk kan kry nie.”
Céline gesels eerste keer ná skokdiagnose
“Ek hoop vir ʼn wonderwerk.”
Gedig: Verblind
Salvia Ockhuis skryf in die gedig “Verblind”: “Jare daarna maak die pyn van sy wegwees haar steeds oral blind.”
ToekomsVenster: Kom bid saam
Wat ek kán doen is om vandag te bid vir elkeen wat tot die dood toe moedeloos en beproef is.
Nuwe tuiste vir Kaapse seekoei
Dié seekoeibul het vroeër die maand uit die Valsbaai-natuurreservaat ontsnap om van die dominante bul in die trop te vlug.
Sanstories verryk kinders se leeswêreld
“Die gewilde skrywer, Wendy Maartens, is toegewyd daaraan om kinders te help om hulself, hul leefwêreld en mekaar oor kultuurgrense heen beter te verstaan deur die stories van hul komvandaan.”
Franse burgemeester stel aandklokreël in vir onder-13’s
Alle persone jonger as 13 mag in drie woonbuurte tussen 23:00 en 06:00 nie op straat wees tensy hulle deur ʼn volwassene vergesel word nie.
Lemmetjiebehandeling weer gewild vir stralende vel
“Omdat daar ʼn laer risiko is vergeleke met ander, soortgelyke teenverouderingsbehandelings en die resultate so opvallend en onmiddellik is, is dit baie gewild.”
Rugbybase tevrede met studente se têkkelvaardighede
Volgens SA Rugby se amptelike statistieke het die strafskoptelling vir hoogvat-duikslae in die Varsitybeker-reeks van 14,5 per ronde tot 7,5 teen die einde van die groepfase verminder.
Jou gids tot ʼn gesinsvakansie in Franschhoek
Franschhoek is bekend vir sy wyn, natuurskoon en fênsie winkels, maar daar is ʼn rits aktiwiteite in dié omgewing geskik vir die hele gesin.
Polisie soek na twee wat Pta-paartjie oorval
Die twee is met ʼn vuurwapen en ʼn mes aangehou terwyl die boewe hul huis geplunder het.
Vanes-Mari: Rekord, avontuur wink in Himalajas
“Natuurlik is daar senuwees wanneer ʼn mens van die onbekende praat, maar die opgewondenheid is soveel groter.”
Perde kies hasepad deur Londense middestad
Verskeie video’s en foto’s van hoe die twee galoppende diere gedurende spitstyd deur busse, taxi’s en motors in Aldwych vleg, is vanoggend op sosiale media gedeel. Een van die perde was bebloed.
Video: Welkom! Dié gebou is amptelik gidshond-vriendelik
“Ons stap nou al ʼn lang pad saam met die SAGV en deur Solidariteit vandag amptelik gidshond-vriendelik te verklaar benadruk ons dat mense met gestremdhede ook ʼn besondere bydrae tot die samelewing kan maak as hulle die welverdiende geleenthede gegun word.”