Minister moet sê oor dieselverbruik noudat ligte aanbly

Kgosientsho Ramokgopa (Foto: GCIS)

Die IVP doen ʼn beroep op Kgosientsho Ramokgopa, die minister van elektrisiteit, om eerlik te wees oor hoeveel die regering nou al aan dieselvoorrade bestee het sedert beurtkrag vir 28 agtereenvolgende dae opgeskort is.

Volgens Mkhuleko Hlengwa, woordvoerder van die IVP, wek die feit dat Eskom nie sy begroting vir die 2024-’25-boekjaar ter tafel gelê het nie veral agterdog by die party.

“Dit is die minister se plig om op die man af met lede van die publiek hieroor te praat en nie die vraag hieroor te probeer ontduik nie. Hy moet verduidelik hoe beurtkrag tans vermy word, of beplande instandhouding opgeskort is en of daar toenames in diesel- en steenkoolverbruik is,” sê Hlengwa.

Die IVP beskou die skielike opskorting van beurtkrag as “ʼn verkiesingsfoefie”.

“Ons moet nie vergeet dat beurtkrag minder as 24 uur nadat die Springbokke verlede jaar die Wêreldrugbybeker gewen het, teruggekeer het nie.

“Ons sal nie verbaas wees as beurtkrag kort ná die verkiesing hervat word om te vergoed vir die elektrisiteitsnetwerk wat onder druk geplaas is nie,” sê Hlengwa.

Hy sê elektrisiteit is ʼn voorvereiste vir die behoorlike funksionering van alle subsektore van die ekonomie, en beurtkrag het verwoesting in die land gesaai.

“Die verskaffing van elektrisiteit is ʼn verkiesingsinstrument, maar om ons hele elektrisiteitsnetwerk onder druk te plaas vir politieke doeltreffendheid kan rampspoedige gevolge hê.

“Dit is noodsaaklik dat daar duidelikheid en deursigtigheid is oor hoe Eskom – met die winter om die draai – nou skielik daarin slaag om ons ligte aan te hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Gert ·

Wel hierdie was laas jaar Junie :
“Just shy of four months into its current financial year, Eskom has already blown R12.4bn on diesel to run its emergency generation fleet — nearly half its budget for the entire year”
My vraag is. By wie koop EFKOM die siesel aan en wag daar n geweldige ineenstorting na die verkiesing ?

DJ ·

Dit is ‘n verkiesingsfoefie. Na die verkiesing sal die diesel op wees, steenkool nat en kragstasies stukkend.

Vriendelike Frikkie ·

Teen 40kl per dag per generator gaan die diesel dalk op wees voor die verkiesing.

annie ·

Wag tot die kragrekeninge kom. Skokke wag. Nie net ons motors se petrol is duurder nie ons betaal ook vir die duurder diesel waarmee ons kook en warm badwater intap.

Martie ·

Alhoewel ek dink Julius Malema is ‘n stout kind dink ek hy is reg deur te sê die krag gaan afgaan om 12h00 die nag van die verkiesing.

Papsak ·

Nee ek stem n verkiesings foefie hier kook iets kyk na verkiesing donkerte hulle werk met n plan dink ons is onooslik as hulle is ons is nie dink weer ??????

Ditsim ·

Ek dink wat nog meer saak maak is wie is die mense wat die diesel veskaf. Ons soek name

anko ·

Wie verskaf diesel
Wie betaal die balans behalwe die wie wat wel reeds elektrisiteit betaal
Hier slaap n buitelamdse haas

mattk ·

Daar kom beslis ‘n verassing…. hulle het mos alreeds bekend gemaak dat ons tot en met ‘n fase 16 beurtkrag kan verwag indien die kragstasies probleme gee.

ES ·

Hy gaan mos nou nie eerlik wees daaroor nie. Hy gaan net se dat die dieselverbruik minder is.

Kerneels ·

Waarom diesel? Sedert steenkool uitvoere na Israel opgeskort is (meer as helfte van totale uitvoere), behoort daar nou oor as genoeg kwaliteit steenkool beskikbaar te wees…

Di ·

The proof is in the pudding! Wag totdat die verkiesing verby is, dan is ons back to square one. Ek glo GEEN WOORD wat uit enige ANC KADER se mond kom nie.

SjN ·

Volgens n betroubare bron kom daar daaglikes 3 vol diesel tankers by n sekere kragstasie aan, slegs twee laai fisies af, die ander een word gesirkuleer en weer terug gepomp in vragmotor en verlaat die perseel, met navraag deur werkers word hul gedreig met afbetaling deur seniors indien hul sou waag om te rapporteer, Andre was toe al tyd tyd in die kol.

etienne ·

Wag maar totdat daai diesel generators begin probleme gee, dan gaan ons lekker pret beleef. Ek voorsien ook dat ons na die verkiessing weer loadshedding gaan kry, alhoewel dit my gevoel is dat eskom steeds loadshedding het, hulle noem dit net nou “power outages”, dis maar loadshedding. As die verkiessing verby is, dan is die diesel ook klaar, en dis waar die nuwe koalisie loadshedding 16 gaan face.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.