FUL wil redes vir kieshof se Zuma-beslissing hê

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: Ihsaan Haffejee/AFP)

Freedom Under Law (FUL) versoek volledig gemotiveerde redes van die kieshof oor waarom dié hof Dinsdag beslis het dat Jacob Zuma verkiesbaar gestel kan word vir vanjaar se nasionale en provinsiale verkiesings.

Vyf regters van die kieshof, onder leiding van regter Dumisani Zondi, het Dinsdag tydens die uitspraak aangedui dat die redes vir hul beslissing later sal volg.

FUL sê egter nou die redes vir die regters se beslissing behoort so gou moontlik aan die publiek verskaf te word aangesien die beslissing ’n presedent skep.

“Die oppergesag van die reg vereis dat howe volledig gemotiveerde redes vir hul beslissings gee. Dit is dus van kritieke belang vir die geloofwaardigheid van die uitspraak en die vertroue wat landsburgers in die breër verkiesingsproses het dat redes vir die beslissing vinnig verskaf word.”

Die drukgroep doen ’n beroep op die kieshof om sy redes vir sy uitspraak dringend te verskaf.

Maroela Media het vroeër berig Zuma is in 2021 op ʼn klag van minagting van die hof skuldig bevind en tot 15 maande gevangenisstraf gevonnis.

Die Verkiesingskommissie (OVK) het toe beslis dat Zuma, deesdae lid van die uMkhonto we Sizwe- (MK-)party, nie as ʼn kandidaat aan vanjaar se verkiesings mag deelneem nie aangesien hy ʼn bepaalde misdaadrekord het.

Zuma het toe die kieshof genader waar die voormalige president se regspan, onder leiding van adv. Dali Mpofu SC, volgehou het dat Zuma se vonnis hom nie diskwalifiseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johann ·

Dis mailik. Kader….kameraad…onaantasbaar….onverandwoordbaar…staat van anargie….

annie ·

‘n Mens kan selfs hier hoor hoe hul broeke gebewe het… Wat kon ‘n mens verwag? Sedert 2008/10 beheer hy en sy vriende SA se popperegering en niemand het dit nog gewaag om hom regtig aan te vat nie tot nou. Hy gaan nou die son en die maan en alles wat oorgebly het aan die kiesers beloof soos die NSFAS destyds aan studente. Wanneer kom die Guptas terug?

Martie ·

Hoekom later redes gee, gee dit nou. As hulle mos ‘n besluit geneem het moes daar mos redes voor gewees het. Maar dis presies soos hierdie regering, kan geen beslissende uitsprake ooit gee nie, alles moet maande lê en broei.

Martie Smartie ·

Dis ‘n goeie ding mense, Zoemels verdeel die ANC vir ons

Ralph ·

Daar gaan ons alweer!!!
Die howe gee ‘n bevel wat populer is maar nie geloofwaardig en behoorlik gegrond is nie.
Maak reg vir ‘n lang wag voor ‘n klomp snert gegee gaan word en dan gaan dir bevel op appel en 10 jaar later was mens nog steeds.

Korrelkop ·

Lyk al soos ‘n Grenadella, behalwe dat die vrug ten minste ‘n aangename smaak in die mond

Bolandse Nooi ·

Wees rustig mense, hierdie besluit gaan die ANC duur te staan kom. Dit gaan die ANC in twee skeur en is dalk net die begin van die einde vir hulle. Daar is skrale kans dat MK ‘n aardbewende oorwinning sal behaal in KZN … ek dink in ander provinsies sal hulle miskien so 1-2% op hulself kan vestig. Nie genoeg om ‘n enkele “sitplek” in die NV te kry nie. Maar gogga maak VIR SEKER vir baba bang …

Jacobus ·

Is daar nog iemand wat hom aan ons howe steur? Dis net plekke vir Dali om sy miljoene te maak, en vir Zuma te help om uit die tronk te bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.