Britte eis antwoorde ná hulpwerkers in aanval sterf

(Foto: AFP)

Die Amerikaanse liefdadigheidsorganisasie World Central Kitchen het sy bedrywighede in Gaza tydelik gestaak nadat sewe van sy hulpwerkers Maandag in ʼn lugaanval omgekom het terwyl hulle kos by ʼn pakhuis in Gaza afgelaai het.

Die organisasie blameer Israel vir die aanval. Die slagoffers was van Australiese, Britse, Palestynse, Poolse en Amerikaans-Kanadese afkoms.

David Cameron, Britse minister van buitelandse sake, het Israel gevra vir ʼn volledige, deursigtige en dringende verduideliking oor die noodlottige lugaanval.

Die Israelse weermag ondersoek die voorval op die hoogste vlak en volgens Cameron werk die Verenigde Koninkryk ook self om besonderhede oor die voorval te bevestig. Die voedselvoorraad is per see na die oorloggeteisterde Gaza-strook geneem om die dreigende hongersnood te help verlig.

Rishi Sunak, die Britse premier, het gesê hy is geskok en hartseer oor die dood van die Britse hulpwerker en dat daar “definitiewe vrae is wat beantwoord moet word”.

Cameron sê dit is ʼn saak van dringendheid om die slagoffers se identiteit te bevestig. “Ons sal ons volle ondersteuning aan die families gee.”

Hy sê dit is noodsaaklik dat liefdadigheidswerkers beskerm en toegelaat word om hul werk te doen.

Cameron, wat tussen 2010 tot 2016 die Britse eerste minister was en as Engeland se topdiplomaat na die politiek teruggekeer het, het die aanval as diep ontstellend beskryf.

Hy was sedert die 7 Oktober-aanval toenemend krities oor aspekte van die Israelse oorlog in Gaza en het herhaaldelik gevra dat meer hulp in die gebied toegelaat moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Christine ·

ALLES KON VERHOED GEWEES HET AS HAMAS ISREAL NIE EERSTE AANGEVAL HET NIE

Jan Jacobs ·

Alles kon verhoed gewees het as Isreal, die palistynse vroue en kinders wat hulle aanhou vry gelaat het.

andre ·

Isreal skiet nou voor die voet , geen onderskeid word getref nie

Michael ·

Die Britte gaan binnekort huurders in hulle eie land wees die muslim immigrante stroom Brittanje binne so los Israel en gee aandag aan julle eie probleme.

popsa ·

Presies Michael. Hoe sê die spreekwoord? Fools rush in where angels fear to tread.

Deon ·

Christine, dit is die sionistiese terroriste wat dit alles begin lank voor Hamas se ontstaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.